‘Cy­ril se men­se in Kaap­stad steun DA se plan’

Beeld - - Nuus - Ja­son Fe­lix

Die Dul­lah O­mar-streek van die Wes-Kaap­se ANC is ont­bind so­dat min­der on­der­steu­ners van pres. Ja­cob Zu­ma by amp­te­li­ke struk­tu­re van die par­ty be­trok­ke kan wees, sê Ma­ri­us Frans­man, voor­ma­li­ge ANC­voor­sit­ter in die pro­vin­sie en stoe­re Zu­ma-on­der­steu­ner.

“Hul­le wou ver­se­ker dat hul af­ge­vaar­di­ges van tak­ke Ra­map­ho­sa on­der­steun, want hul­le kan nie die ver­kie­sing wen nie. Nou ge­bruik hul­le die ag­ter­deur.”

Frans­man, wat vir vyf jaar uit die par­ty ge­skors is weens sek­su­e­le teis­te­ring, meen die Ra­map­ho­sa-fak­sie in die pro­vin­sie wou ver­se­ker dat die DA se mo­sie van wan­troue in Zu­ma slaag.

“Hul­le wou le­de in die stra­te mo­bi­li­seer om die mo­sie te steun. Hul­le wou ver­se­ker dat hul be­to­ging an­tiZu­ma word. Hul­le wou hê ’n taak­span moet in­tree na­dat die Dul­lah O­mar-streek ont­bind is, maar dit was al­les om die Zu­ma-fak­sie te stuit. On­ge­luk­kig vir hul­le was daar be­to­gings ter on­der­steu­ning van pres. Zu­ma wat deur ver­ko­se lei­ers ge­re­ël is.

Min­stens 25 ANC-LP’s het vir die op­po­si­sie­par­tye se mo­sie van wan­troue in Zu­ma ge­stem. Die mo­sie is met 198 stem­me teen­oor 177 ver­slaan.

Frans­man sê af­ge­vaar­di­ges van die Wes-Kaap in die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring het s­terk stand­punt in­ge­neem dat Zu­ma ver­wy­der moet word.

.

“As daar ge­kyk word na die na­me van die men­se in die tus­sen­tyd­se lei­ers­korps, sien ons die mees­te is Ra­map­ho­sa-on­der­steu­ners. Dit is ge­doen om die ge­tal­le te ma­ni­pu­leer,” het hy ge­sê.

Fai­ez Ja­cobs, pro­vin­si­a­le se­kre­ta­ris, het in Ju­nie aan­ge­kon­dig dat die Dul­lah O­mar-streek ont­bind is.

Die pro­vin­si­a­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee (PUK) het die be­sluit on­der­steun, al was daar ver­skil­le, het Ja­cobs ge­sê.

Xo­la­ni So­tashe, streek­voor­sit­ter, het voor­heen ge­sê die PUK het die be­sluit ge­neem om die streek, wat gro­ten­deels Zu­ma-on­der­steu­ners is, van die na­si­o­na­le lei­ers­kon­gres in De­sem­ber weg te hou.

Li­o­nel A­den­dorf, pro­vin­si­a­le woord­voer­der, het nie ge­re­a­geer op ’n ver­soek om kom­men­taar nie.

Fo­to: YUNUS MOHAMMED

Ma­ri­us Frans­man, voor­ma­li­ge ANC­voor­sit­ter in die Wes­Kaap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.