Dié keer trek hul­le nie saam

UDM, Co­pe, VF+ sê nee

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Hul­le het die DA in sy wan­trou­e­mo­sie in pres. Ja­cob Zu­ma ge­steun, maar nie al­le op­po­si­sie­par­tye is ten guns­te van die mo­sie waar­mee die par­ty die par­le­ment wil laat ont­bind en ’n ver­kie­sing wil af­dwing nie.

Ban­tu Ho­lo­mi­sa, UDM-lei­er, sê sy par­ty steun nie die mo­sie van die DA nie.

Hy meen die ge­reed­heid van die Ver­kie­sings­kom­mis­sie vir die 2019ver­kie­sing is van on­mid­del­li­ke be­lang. “Die man­daat van die hui­di­ge re­ge­ring loop in 2019 ten ein­de en ons werk met dié doel­wit in sig,” lui sy ver­kla­ring.

Mo­si­u­oa Le­ko­ta, Co­pe-lei­er, het gis­ter­mid­dag in ’n ver­kla­ring ge­sê sy par­ty gaan ook nie die mo­sie steun nie.

Vroe­ër het hy by na­vraag ge­sê daar blyk geen voor­uit­sig te wees dat die mo­sie suk­ses­vol sal wees nie.

“Dit het geen sin om ’n pro­jek te on­der­steun wat nie suk­ses­vol sal wees nie. Ons het hul­le eg­ter ge­vra vir ’n ver­ga­de­ring waar­op po­li­tie­ke par­tye hul me­ning kan gee voor­dat hul­le voort­gaan daar­mee.”

Dr. Pie­ter Groe­ne­wald, lei­er van die VF Plus, het die mo­sie as “op­por­tu­nis­ties” af­ge­maak en ge­sê dit sal nie slaag nie en sal Zu­ma ver­sterk.

“Die on­lang­se wan­trou­e­mo­sie het ge­toon ANC-LP’s is be­reid om die ANC te be­skerm on­danks on­ge­luk­kig­heid oor Zu­ma en staat­skaping.”

Die IVP het nog nie die mo­sie oor­weeg nie en sy kou­kus en struk­tu­re sal daar­oor be­sluit voor­dat dit in die NV be­spreek word.

Die ANC het vroe­ër ge­sê dié plan wys dat die DA nie die de­mo­kra­sie en kie­sers van Suid-A­fri­ka re­spek­teer nie.

Ju­li­us Ma­le­ma, EFF-lei­er, het Woens­dag­aand ge­twiet dat die DA nie ’n mo­sie be­no­dig om die par­le­ment te laat ont­bind nie. ’n Uit­trek­sel uit die EFF se vroe­ë­re stel­ling was aan­ge­heg by dié twiet, waar­in Ma­le­ma voor­stel die bes­te ma­nier om die par­le­ment te ont­bind, is om 50 LP’s so­ver te kry om te be­dank.

Hy het ge­wys op art. 46 van die Grond­wet wat be­paal dat die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring (NV) uit niks min­der nie as 350 le­de en nie meer as 400 le­de nie moet be­staan.

Hy dink dit sal mak­lik wees om 50 LP’s te kry om te be­dank om­dat die DA 89 le­de in die NV het, die EFF 25 en al die an­der klei­ner par­tye saam 37.

Law­son Nai­doo, di­rek­teur van die Raad vir die Be­vor­de­ring van die Suid-A­fri­kaan­se Grond­wet (Ca­sac), sê eg­ter niks sal ge­beur as 51 LP’s be­dank nie. “Die par­le­ment sal voort­gaan om te funk­si­o­neer. Die ANC met sy 249 le­de sal steeds die meer­der­heid in die par­le­ment hê.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.