Sui­wel­plaas: Vry­staat­se boe­re het vrae

Beeld - - Nuus - El­sje du Toit

As die be­we­rin­ge oor die Vre­de-sui­wel­plaas in die #Gup­taLe­aks-e-pos­bood­skap­pe waar is, “het dit mas­sie­we im­pli­ka­sies vir die Vry­staat­se re­ge­ring se ge­loof­waar­dig­heid en in­te­gri­teit”.

So sê Dan K­riek, pre­si­dent van Vry­staat Land­bou (VL). Hy het gis­ter op die eer­ste dag van hul jaar­kon­gres in Bloem­fon­tein ge­praat.

Boe­re van oor die Vry­staat heen woon die kon­gres by.

Vol­gens die uit­ge­lek­te e-pos­bood­skap­pe het die Gup­ta-fa­mi­lie glo R84 mil­joen uit dié pro­jek ge­melk om vir ’n luuk­se fa­mi­lie­troue by Sun Ci­ty te be­taal.

“Dit was geld wat be­stem was om die arm­stes van die arm­stes (te help) en om e­ko­no­mie­se ont­wik­ke­ling op die Vry­staat­se plat­te­land te laat plaas­vind,” sê K­riek.

“As dit waar is dat mil­joe­ne ran­de van die pro­jek be­stee is om vir ’n troue te be­taal, soek ons ant­woor­de van die Vry­staat­se re­ge­ring. En wan­neer ons die ant­woor­de het, wil ons weet wie aan­spreek­lik is en wan­neer ge­reg­tig­heid gaan ge­skied.”

Die Vry­staat­se re­ge­ring het tot dus­ver geen woord ge­rep oor die #Gup­taLe­aks nie.

Ti­is­et­so Mak­he­le, die pre­mier se woord­voer­der, sê die Vry­staat­se re­ge­ring nie gaan re­a­geer voor­dat die Val­ke sy on­der­soek na die uit­ge­lek­te e-pos af­ge­han­del het nie.

Die VL-be­stuur het ook ’n be­roep op die ANC-re­ge­ring ge­doen om kor­rup­sie te be­veg.

Fran­cois Wil­ken, vi­se­pre­si­dent van die VL, het ’n mo­sie in­ge­dien waar­in hy sê boe­re le­we in on­se­ke­re tye. “Po­li­ti­ci tree nie meer in be­lang van die land op nie. Ons le­de soek waar­bor­ge, se­ker­heid en rig­ting. Ons wil nie by po­li­tie­ke re­to­riek be­trok­ke raak nie, maar eer­der fo­kus op dit wat ons goed doen: kos op die ta­fel sit.”

K­riek sê hy dink Suid-A­fri­ka is al ver­by die draai­punt. “Ek dink nie dit kan sleg­ter gaan as nou nie. Ons, on­der meer die ge­or­ga­ni­seer­de land­bou en die re­ge­ring, kan nie meer be­kos­tig om nie saam te werk nie. Ons het steeds die re­ge­ring no­dig. Ons moet die pro­ble­me op­los.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.