Nu­we y­wer in soe­ke na die wa­re Den­nis

Beeld - - Nuus - Kay­de­ne Da­vids

Die soek­tog na die “werk­li­ke” Den­nis Hay­nes, wat in 1986 spoor­loos ver­dwyn het, gaan steeds voort – dié keer met gro­ter y­wer.

So sê Na­di­ne S­mal, ’n v­rien­din van die Hay­nes-fa­mi­lie van Bloem­fon­tein.

Dit het van­dees­week aan die lig ge­kom dat die man wat in Ju­lie met Ri­na S­mit “her­e­nig” is, nie haar seun is nie.

S­mal het vroe­ër van­jaar ’n groot­skaal­se soek­tog be­gin na Den­nis, wat 31 jaar ge­le­de op pad na ’n werk­on­der­houd in Roo­de­poort ver­dwyn het.

S­mal het Dins­dag­aand op die Fa­ce­book-blad Bring Den­nis Ho­me be­kend ge­maak dat DNS­toet­se van S­mit en haar “seun” ne­ga­tief is.

Die “seun” is glo Fran­cois Ven­ter, ’n ver­stan­de­lik ge­strem­de man wat voor­heen in P­re­to­ria op straat ge­woon het.

’n Erg e­mo­si­o­ne­le S­mit het by na­vraag ge­sê sy is steeds ge­skok en “wil eers tot haar sin­ne kom”.

Den­nis se sus­ter, De­si­ree Hay­nes, het vroe­ër be­kend ge­maak dat Ven­ter wel haar broer is.

S­mal sê die te­rug­slag mo­ti­veer hul­le om die soek­tog met gro­ter y­wer voort te sit.

“Ons (ek en De­si­ree) sal nie rus voor­dat ons Den­nis op­ge­spoor het nie. Ons het reeds van­og­gend die soek­tog her­vat. Ê­rens moet ie­mand tog weet wat met Den­nis ge­beur het en waar hy hom be­vind.”

Vol­gens S­mal is Ven­ter op die oom­blik in ’n plek van vei­lig­heid.

Hy het die DNS-uit­slae baie goed han­teer.

“Hy sê: ‘Ek gee nie om wie ek is nie. So­lank daar ie­mand is wat vir my om­gee, is ek ge­luk­kig.’ ”

S­mal sê sy en De­si­ree sal toe­sien dat hy nie weer op straat be­land nie.

“Hy het in ons har­te ge­kruip en ons gaan hom be­slis nie nou in die steek laat nie.”

Ri­na S­mit en haar “seun” toe hul­le vroe­ër van­jaar “her­e­nig” is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.