Ná houe: ‘Ek gaan dit nie maak’

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

“Ek gaan dit nie van­dag maak nie.”

So het Her­man Bo­tha (64), ’n boer van Gro­blers­dal, Son­dag ná ’n plaas­aan­val aan­hou­dend aan Benita Bo­tha, een van skoon­dog­ters, ge­sê voor­dat hy dood is.

“Pa gaan ou­kei wees. Pa gaan dit maak,” het Benita haar skoon­pa moed in­ge­praat.

“Hy het ge­sê hy het baie seer en het toe op die gras­perk gaan lê,” sê Benita.

Her­man het kort daar­na ver­moe­de­lik ’n hart­aan­val ge­kry voor­dat die am­bu­lans hom van die plaas na ’n rug­by­veld in Gro­blers­dal kon neem waar ’n he­li­kop­ter ge­wag het om hom na ’n hos­pi­taal in P­re­to­ria te bring.

Dié be­ken­de boer van die Lo­s­kop-ge­bied is in die am­bu­lans dood voor­dat hy in die

‘‘

Hy het ge­sê hy het baie seer en het toe op die gras gaan lê.

— BENITA BO­THA

he­li­kop­ter ge­laai kon word.

Twee sten­te is ver­le­de week in sy are ge­plaas.

Die fa­mi­lie ver­moed Her­man is dood weens ’n hart­aan­val ná die skok van die plaas­aan­val.

Die fa­mi­lie moes be­ra­ding kry ná die aan­val en Her­man se dood.

“Na­dat die aan­val­lers weg is, het hy nog met ons ge­praat. Ek het vir hom ge­sê hy moet dit rus­tig vat,” sê Benita.

Her­man is Son­dag­og­gend met ’n ys­ter­staaf oor die kop ge­slaan toe hy die mo­tor­huis­deur oop­ge­maak het om ’n braai­er uit te haal waar­in hy vuur wou maak vir ’n vleis­braai.

Hy het kort te­vo­re saam met sy seun, Ber­nard, na bees­te op die plaas gaan kyk.

Ber­nard het hom daar­na by die huis af­ge­laai en toe na ’n spil­punt na­by die huis ge­ry.

Hy het on­raad ver­moed toe hy ’n ruk daar­na by die plaas­huis aan­kom en sy pa nie sien nie.

“Hy het die mo­tor­huis se deur oop­ge­maak en in die ro­wers vas­ge­kyk. Daar was ’n plas bloed waar hul­le my skoon­pa ge­slaan het. Ber­nard het ge­dink sy pa is dood,” sê Benita.

Die ro­wers het Her­man in­tus­sen na ’n bad­ka­mer in die huis ge­vat en hom vas­ge­bind.

Ber­nard is in die ge­sig ge­skop en et­li­ke ke­re op die rug ge­slaan. Hy is ook vas­ge­bind. Benita, haar d­rie jong kin­ders en haar skoon­ma, Mei­sie, is oor­val toe hul­le van die kerk af kom.

“Die mans het my en my skoon­ma vas­ge­bind en die kin­ders in ’n an­der ka­mer toe­ge­maak.”

Hul­le is nie be­seer nie. “Hul hart­jies is baie seer, want hul ou­pa was ’n groot rol­mo­del vir hul­le,” sê Benita.

Mei­sie en Her­man was 41 jaar ge­troud.

Die mans het in ’n Toyo­ta E­ti­os ge­vlug wat la­ter ver­la­te ge­vind is.

Lt.kol. Mo­ats­he N­goe­pe, po­li­sie­woord­voer­der, sê ’n pis­tool is te­rug­ge­kry.

D­rie mans is in heg­te­nis ge­neem.

Hul­le sal na ver­wag­ting vol­gen­de week in die land­dros­hof in Gro­blers­dal om borg­tog aan­soek doen.

Her­man Bo­tha (64) van Gro­blers­dal in Lim­po­po by van sy bees­te op sy plaas. Hy is Son­dag ná ’n plaas­aan­val dood.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.