Doods­kis: Vee vi­deo uit ‘oor kin­ders’

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Hy het die doodskis­vi­deo van sy sel­foon af­ge­vee om­dat sy vrou hom aan­ge­sê het om dit te doen.

Hy wou nie hê sy kin­ders moes dit sien nie, het T­heo Jack­son (29) gis­ter in die rond­gaan­de hof in Mid­del­burg in sy en Wil­lem Oost­hui­zen (28) se ver­hoor ge­tuig.

Die twee het vroe­ër er­ken Jack­son het ’n sel­foon­vi­deo be­gin maak toe Vic­tor Mlotshwa ver­le­de jaar in ’n doods­kis ge­dwing is, maar dat sy foon se bat­te­ry pap ge­raak het. Toe het Oost­hui­zen dit ver­der met sý foon ver­film.

Vol­gens die be­skul­dig­des het Oost­hui­zen Mlotshwa ge­vang. Jack­son het toe die kis gaan haal na­dat Oost­hui­zen voor­ge­stel het hul­le moet Mlotshwa daar­mee skrik­maak.

Oost­hui­zen het met Mlotshwa ag­ter­op sy bak­kie ge­ry en Jack­son het in sy eie bak­kie ge­ry. Hul­le het hom toe in die kis, wat in ’n kuil­voer­gat op ’n plaas in die B­link­pan-dis­trik bui­te Mid­del­burg af­ge­laai is, gaan dwing.

Die twee be­weer hul­le het dit ge­doen om­dat hul­le hom be­trap het met ver­moe­de­lik ge­steel­de ko­per­ka­bel en om­dat hy ge­dreig het om hul ge­sin­ne uit te moor en hul lan­de­rye jaar­liks af te brand.

Al­bei ont­ken skuld op die aan­klag­te teen hul­le, wat po­ging tot moord en aan­ran­ding met die doel om erns­tig te be­seer in­sluit.

Jack­son het ge­tuig Han­nes de Beer, sy voor­ma­li­ge werk­ge­wer, het hom ge­bel na­dat die vi­deo van Mlotshwa op die in­ter­net ver­skyn het. De Beer het ge­sê hy moet van die kis ont­slae raak, “want ek maak net moei­lik­heid met die ding”.

Hy het die kis toe by die­self­de kuil­voer­gat aan die brand ge­steek.

Jack­son het ge­sê Mlotshwa was “nie lan­ger as vyf mi­nu­te in die kis nie”. Hy dink nie sy en Oost­hui­zen se op­tre­de was ver­keerd nie.

Die ver­hoor duur voort.

Wil­lem Oost­hui­zen en T­heo Jack­son.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.