Me­tro­raads­le­de in ba­klei­e­ry: 2 in hof

Beeld - - Nuus - – Can­di­ce Be­zui­den­hout

Die ver­hoor van twee ANC-raads­le­de wat twee DA-raads­le­de glo ver­le­de jaar op ’n raads­ver­ga­de­ring aan­ge­rand het, is gis­ter in die land­dros­hof in Port E­li­za­beth tot 16 Au­gus­tus uit­ge­stel.

An­di­le Lun­gi­sa en Ga­ma­lih­le­li Ma­qula het die og­gend vlug­tig in die hof ver­skyn. Die ver­rig­tin­ge is uit­ge­stel om­dat Lut­han­do Ng­qa­kayi, hul regs­ver­teen­woor­di­ger, weens ver­plig­tin­ge in ’n an­der saak dit nie kon by­woon nie.

Hul borg­tog­voor­waar­des is ver­leng.

Al­bei staan te­reg op aan­klag van aan­ran­ding met die doel om erns­tig te be­seer.

Dit spruit uit ’n ge­veg wat in Ok­to­ber ver­le­de jaar op ’n raads­ver­ga­de­ring van die Nel­son Man­de­la­baai-me­tro uit­ge­breek het.

Wer­ner Se­ne­kal, DA-hoof­sweep, en Ra­no Kay­ser, bur­ge­mees­ters­ko­mi­tee­lid vir paaie en ver­voer, is be­seer.

Lun­gi­sa word daar­van aan­ge­kla dat hy Kay­ser met ’n glas­be­ker teen die kop ge­gooi het en Ma­qula dat hy Se­ne­kal met ’n skerp voor­werp in die rug ge­steek het.

Tal­le ANC-on­der­steu­ners in groen-en-geel uit­rus­tings het gis­ter hof toe ge­stroom om hul steun vir Lun­gi­sa en Ma­qula te wys. Hul­le is kort daar­na te­leur­ge­steld by die hof uit toe hul­le hoor die ver­rig­tin­ge is uit­ge­stel.

Lun­gi­sa het bui­te die hof­saal ge­sê hy is bly die ver­rig­tin­ge is uit­ge­stel. Ma­qula, wat deu­ren­tyd se­nu­ag­tig voor­ge­kom het, wou niks sê nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.