5­ja­ri­ge dood en 5 be­seer ná bak­kie vas­ry in spring­kas­teel

Beeld - - Nuus - S­han­tel Mo­ses

“Haar hart­jie het nog ge­klop, maar haar brein was dood. Die hos­pi­taal het ons aan­ge­raai om die ma­sjie­ne wat haar aan die le­we ge­hou het, af te s­ka­kel.”

So sê die vyf­ja­ri­ge Vi­nis­her Chris­ti­ans se pa, Vin­cent.

Vi­nis­her was een van ses kin­ders wat Woens­dag­mid­dag op ’n ver­jaar­dag­par­ty­tjie in Delft, Kaap­stad, be­seer is toe ’n bak­kie in die spring­kas­teel ge­ploeg het waar­op hul­le ge­speel het.

Haar 12-ja­ri­ge boe­tie is steeds in ’n kri­tie­ke toe­stand in die Rooi Kruis-kin­der­hos­pi­taal.

“My vrou is in ’n toe­stand. Ons weet nie wat­ter kant toe nie,” het Chris­ti­ans gis­ter by sy huis in Bel­har, Kaap­stad, ge­sê.

Fa­rah Ely (3), die kind wat ver­jaar het, is ook met kop­be­se­rings in die Rooi Kruis-kin­der­hos­pi­taal op­ge­neem.

Vol­gens in­wo­ners van Delft het die bak­kie en ’n rooi Volks­wa­gen Jet­ta langs me­kaar ver­by­ge­jaag.

“Die bak­kie was aan die ver­keer­de kant van die pad. Die be­stuur­der het be­heer ver­loor en met sy ag­ter­kant teen ’n an­der mo­tor, wat voor die huis ge­par­keer was, ge­bots.

“Daar­na het dit op sy sy op die spring­kas­teel be­land. Kas­te bier het uit­ge­val,” sê T­he­aLi­am Ely (16).

Die spring­kas­teel het op ’n se­ment­blad op die sy­paad­jie voor Fa­rah se ou­er­huis ge­staan.

T­hea-Li­am en sy neef Die­go (16), Fa­rah se oud­ste broer, het oor die klei­ner kin­ders toe­sig ge­hou.

Fa­rah het baie bloe­ding op die brein en sal ’n brein­o­pe­ra­sie on­der­gaan, sê haar ou­ma An­nie Sa­mu­els.

“Dit is so ver­skrik­lik dat ’n kin­der­par­ty­tjie so moes ein­dig.”

Vol­gens Ro­bert Da­niels, EMS-woord­voer­der in die Wes-Kaap, is ses kin­ders in die Rooi Kruis- en die Ty­ger­berg-hos­pi­taal op­ge­neem.

Da­niels sê d­rie mei­sies, van on­der­skei­de­lik d­rie, vyf en 11 jaar oud, en d­rie seuns, van vier, se­we en 12, is na die hos­pi­ta­le ge­bring.

Die twee jong­ste mei­sies en die 12-ja­ri­ge seun was in ’n kri­tie­ke toe­stand toe hul­le op­ge­neem is, sê hy.

Die huis waar die par­ty­tjie ge­hou is, was som­ber by Beeld se be­soek.

En­ke­le snye koek in ’n koek­hou­er was al te­ken dat ’n ver­jaar­dag­par­ty­tjie daar ge­hou is.

Vi­nis­her Chris­ti­ans

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.