3 in KFC­saak sê kla­er se ge­drag lei tot ba­klei­e­ry

Beeld - - Nuus - Seug­net van Zyl

Die borg­tog­ver­hoor van d­rie van die mans wat in ’n stru­we­ling met ’n deur­ry-kli­ënt van KFC in Mon­ta­na, P­re­to­ria, ge­wik­kel was, is tot vol­gen­de Vry­dag uit­ge­stel.

S­te­fan Nel (38), Jos­hua Li­am S­chultz (21), Dic­ky Ju­ni­or van Rooy­en (24), Ma­ri­us Har­ding (23) en Oc­kert Mul­ler (23) word aan­ge­kla van po­ging tot moord, die rig van ’n vuur­wa­pen en aan­ran­ding met die op­set om erns­tig te be­seer ná die voor­val by die weg­neem­re­stau­rant op Don­der­dag 3 Au­gus­tus.

Mul­ler is ver­le­de week reeds op borg­tog van R5 000 vry­ge­laat.

Har­ding (23) het sy borg­to­gaan­soek laat vaar weens ’n uit­staan­de las­brief vir dief­stal.

S­chultz, Nel en Van Rooy­en het gis­ter in die land­dros­hof in P­re­to­ria-Noord ver­skyn waar hul­le om borg­tog aan­soek ge­doen het.

Hul­le voer aan dat die kla­er, J.N So­no, die op­sto­ker was. Adv. J.C. (Sas) Eras­mus sê Van Rooy­en, sy kli­ënt, se “ag­gres­sie­we ge­drag is deur die kla­er ge­nood­saak”.

Lui­dens Van Rooy­en se ver­kla­ring het hy, Mul­ler en S­chultz om­streeks 02:00 ’n be­stel­ling by die KFC-deur­ry­toon­bank ge­plaas.

Hul­le is in­ge­lig dat dit ’n ruk sou duur om die be­stel­ling uit te voer. So­no het glo her­haal­de­lik uit on­ge­duld sy mo­tor­en­jin ag­ter hul­le laat brul. Hy het la­ter uit sy mo­tor ge­klim, maar is deur ’n vei­lig­heids­wag en sy vrou na hul mo­tor te­rug­ge­roep.

Vol­gens Van Rooy­en het So­no se vrou Mul­ler la­ter aan sy mo­tor se pas­sa­siers­kant be­gin aan­val.

Fran­cois K­riel, S­chultz, se regs­ver­teen­woor­di­ger, sê sy kli­ënt voer ook aan dat So­no die voor­val be­gin het.

Adv. Jo­han Bor­n­man, Nel se regs­ver­teen­woor­di­ger, het sy kli­ënt se hart­toe­stand aan die hof voor­ge­lê. Hy het al op 30 ’n hart­aan­val ge­had. Hy ly ook aan hi­per­ten­sie en span­ning, waar­voor hy me­di­sy­ne ge­bruik. “Hy is ’n ho­ë­ri­si­ko-pa­si­ënt.”

Ron­nie Si­banda, aan­kla­er, het aan­ge­voer dat So­no erns­tig aan­ge­rand is. Hy is ver­skeie ke­re met ’n vuur­wa­pen op die kop ge­slaan en op die kop ge­skop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.