‘My ma het my dan uit­ge­lag’

Pa het vi­deo’s ge­neem, ge­tuig sy

Beeld - - Nuus - Mi­ke van Rooy­en

“Dan bid Pap­pa en Mam­ma vir die dui­wel en dan word hul oë so swart,” het ’n skraal 13-ja­ri­ge mei­sie van Bloem­fon­tein oor kring­te­le­vi­sie in die hoog­ge­regs­hof in Bloem­fon­tein teen haar ou­ers ge­tuig.

Ter­wyl sy ge­tuig het hoe “die ooms my een vir een ver­krag het”, het haar pa (44) en ma (36) teen me­kaar in die be­skul­dig­de­bank ge­sit met hul oë vas­ge­na­el op die TV-skerm in die hof.

Haar pa het ’n slag of wat oor sy oë ge­vee as­of hy tra­ne­rig ge­raak het.

“My ma het my uit­ge­lag. Ek weet nie hoe­kom nie,” het sy ge­tuig oor haar ma, wat by was, se re­ak­sie.

“As ek sê ‘help my’, het sy ge­sê ek is ’n ‘bitch’. Ek ver­dien dit,” het die mei­sie half in tra­ne ge­tuig.

Op ’n vraag van adv. Ena Lie­ben­berg, na­mens die staat, het sy ge­tuig: “Pap­pa het daar­van ge­weet. Hy het vi­deo’s ge­neem.”

Hul­le het eers in ’n “bak­steen­huis” in die stad ge­woon. Sy kan nie ont­hou hoe­veel “ooms” haar daar ver­krag het nie, “maar hul­le was baie”.

Oor haar ou­ers se sa­ta­nie­se be­dry­wig­he­de het sy ge­tuig: “Pap­pa en Mam­ma was nie Chris­te­ne nie. Hul­le het die dui­wel aan­bid.”

Hul­le het ’n sir­kel op die grond ge­maak en daar­in ge­bid. “Hul­le het in snaak­se ta­le ge­praat. Daar was de­mo­ne.”

Daar­na het hul­le haar en haar boe­tie ge­slaan. “Hul­le het my baie keer ge­slaat. Ook vir my boe­tie.

“Ek het par­ty­keer in­ge­spring om hom te help, maar hul­le was te s­terk.”

Sy en haar boe­tie het nie skool­ge­gaan nie, en hier­oor het sy ge­tuig: “Mam­ma en Pap­pa het ge­sê daar is nie geld vir s­kool nie. Hul­le het dit vir d­rugs en drank ge­bruik.”

Die mei­sie was 11 jaar oud en haar boe­tie ne­ge toe hul­le in 2015 in Bloem­spruit van hul ou­ers weg­ge­vat is.

Haar ou­ers staan voor waar­ne­men­de reg­ter-pre­si­dent Cag­ney Mu­si op 13 ver­skil­len­de aan­klag­te oor die be­weer­de ge­beu­re tus­sen 2012 en 2015 te­reg. Hul­le ont­ken skuld.

Adv. Pie­ter Nel het hom gis­ter op aan­drang van die ou­ers as hul regs­ver­teen­woor­di­ger ont­trek.

Fo­to: ALZANE NARRAIN

Die eg­paar van Bloem­spruit wat op aan­klag­te van ver­krag­ting, kin­der­mis­han­de­ling en aan­ran­ding op hul kin­ders in die hoog­ge­regs­hof in Bloem­fon­tein ver­skyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.