Pa­rys: ‘Ons het ge­ry, want een sou nie leef’

Beeld - - Nuus - A­let van der Walt

“Een van die mans sal nie leef nie en ons het ge­ry voor­dat die po­li­sie ons daar kry.”

So het Fa­nie Oost­hui­zen vol­gens een van Vicki van der West­hui­zen se wer­kers aan die wer­kers ge­sê die dag ná die aan­ran­dings op twee ver­meen­de plaas­aan­val­lers, Si­mon Ju­be­ba (37) en Sa­mu­el T­jixa (28), van Pa­rys.

Ko­bus Bur­ger, vir die ver­de­di­ging, het uit die wer­ker se ver­kla­ring aan die hof voor­ge­lees.

Die ver­hoor van ses mans van Pa­rys, Boe­ta van der West­hui­zen (47), An­ton Log­gen­berg (50), kapt. Henk Prins­loo (47), Cor Log­gen­berg (20), Loe­die van der West­hui­zen (19) en Mie­la Jan­sen van Vuur­en (23), word van­dag in Pa­rys voort­ge­sit. Die mans word van die moor­de op T­jixa en Ju­be­ba aan­ge­kla.

Boe­re van die Wei­veld-om­ge­wing bui­te Pa­rys het op 6 Ja­nu­a­rie 2016 Loe­die van der West­hui­zen sr. te hulp ge­snel na­dat hy ’n nood­knop­pie ge­druk het om­dat die mans hom na be­we­ring aan­ge­val het.

T­jixa en Ju­be­ba is deur die boe­re aan­ge­keer en die staat voer nou aan hul­le is so erg aan­ge­rand dat hul­le ge­sterf het.

Oost­hui­zen, voor­heen ’n be­skul­dig­de, se kruis­on­der­vra­ging kon nie in Mei af­ge­han­del word nie en Bur­ger het hom ver­der on­der kruis­ver­hoor ge­neem.

Oost­hui­zen ge­tuig nou vir die staat as ’n art. 204-ge­tuie.

Bur­ger het aan Oost­hui­zen ge­sê tal­le van die plaas­wer­kers het ver­kla­rings af­ge­lê waar­in hul­le sê het Wi­an van der West­hui­zen, Vicki se seun, het die dag ná die aan­ran­dings op die mans krup­pel ge­loop.

Oost­hui­zen het ge­sê hy het nie ge­sien dat Wi­an krup­pel loop nie. Oost­hui­zen het ge­tuig dat Wi­an een van die mans ge­skop en ge­trap het.

Oost­hui­zen het gis­ter aan die hof ge­sê baie plaas­wer­kers het ge­kla dat die Val­ke hul­le ge­dreig het om ver­kla­rings af te lê.

Bur­ger het Oost­hui­zen ge­vra of hy glo die Val­ke het die wer­kers ge­ïn­ti­mi­deer om ver­kla­rings af te lê.

Oost­hui­zen het daar­op ge­ant­woord en ge­sê: “Ja, hul­le het so­dat hul­le my in heg­te­nis kan neem.”

Da­niel N­ko­mo, ook be­kend as Do­zer, was een van die mans wat ge­kla het dat die Val­ke hom ge­dreig het. N­ko­mo sê in sy ver­kla­ring hy het ’n fo­to van die aan­ge­ran­de man op Oost­hui­zen se sel­foon ge­sien. Die­self­de fo­to was ook op Da­ni­ël Oost­hui­zen se sel­foon. N­ko­mo sê in sy ver­kla­ring hy het die man her­ken as Bus­hi, wat vroe­ër vir Boe­ta van der West­hui­zen ge­werk het. Oost­hui­zen het ge­sê hy het net ’n fo­to van ’n der­de ver­dag­te wat nog soek was aan die wer­kers ge­wys.

Bur­ger, Gi­de­on Man­del­stam, Han­nes G­rim­beek en adv. Ni­co D­rey­er tree vir die ver­de­di­ging op. Ad­vv. Ja­bu­la­ni Mlotshwa en San­di­le Mt­hethwa kla aan.

Fo­to: A­LET VAN DER WALT

Fa­nie Oost­hui­zen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.