Wit­re­nos­ters ge­skiet in na­tuur­re­ser­vaat

Beeld - - Nuus - Ca­ra­Lee Dorf­ling

Twee wit­re­nos­ters is Dins­dag­nag in die Lom­bar­di­ni-na­tuur­re­ser­vaat, net bui­te Jef­freys­baai in die Oos-Kaap, dood­ge­skiet en hul stomp ho­rings is ver­wy­der. ’n Der­de wit­re­nos­ter­koei is ge­skiet, maar nie ont­ho­ring nie.

Jo­han Lot­te­ring, ei­e­naar van die Lom­bar­di­ni-na­tuur­re­ser­vaat, sê al­bei die ge­stroop­te re­nos­ters is voor­heen ont­ho­ring.

“Dit is ’n k­lein stuk ho­ring wat weer te­rug­ge­groei het wat die stro­pers ge­vat het en daar­voor het ek ’n re­nos­ter­bul en ’n drag­ti­ge re­nos­ter­koei ver­loor,” sê Lot­te­ring.

Die re­nos­ters was tus­sen agt en 12 jaar oud en hul ho­rings is ver­moe­de­lik met kap­mes­se ver­wy­der.

“Die d­rie re­nos­ters is met ’n groot­ka­li­ber-vuur­wa­pen ge­skiet. Ge­luk­kig is die der­de re­nos­ter­koei, wat ne­ge jaar oud is, net skrams bo die blad raak­ge­skiet en ek glo sy sal vin­nig her­stel.”

Dié voor­val bring die ge­tal re­nos­ters wat tot dus­ver van­jaar in die Oos-Kaap ge­stroop is op vyf te staan. Ver­le­de jaar is 19 re­nos­ters in die pro­vin­sie ge­stroop.

Rod­ney Vis­ser, hoof van die pro­vin­sie se teen­stro­pings­een­heid, sê hy glo die la­er sy­fer is van­weë in­heg­te­nis­ne­mings wat die af­ge­lo­pe jaar ge­maak is.

“Ons an­der pro­bleem is dat die stro­pers van die Kru­ger­wild­tuin af oor­spoel. Van­weë die goeie werk wat die veld­wag­ters in die Kru­ger­wild­tuin doen, was daar tot dus­ver van­jaar 111 min­der stro­pings­voor­val­le. Maar nou sal die stro­pers K­waZu­lu-Na­tal, die Vry­staat en die Oos-Kaap bin­ne­val en nu­we stro­pings­groe­pe hier stig,” meen Vis­ser.

Dins­dag­nag se voor­val was by­kans ’n her­ha­ling van ’n aan­val op die na­tuur­re­ser­vaat in 2015 toe ’n re­nos­ter­koei en haar kalf hier af­ge­maai is. Vier dae ná dié aan­slag is ’n ver­mink­te re­nos­ter­koei in die bos­se van die re­ser­vaat ge­vind. Dié re­nos­ter­koei het land­wyd be­kend ge­raak as Ho­pe.

D­rie re­nos­ters van die Lom­bar­di­ni­na­tuur­re­ser­vaat in die Oos­Kaap is Dins­dag­nag ge­skiet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.