Hy vra ja­woord in ko­ring­land

Beeld - - Nuus - May­ge­ne de Wee

Dit was lief­de met die eer­ste oog­op­slag vir Aus­tin Wes­son (19) van Vis­hoek, Kaap­stad.

Sy ma, Wen­dy Wes­son (42), het gis­ter ge­sê Aus­tin het Re­be­kah Bou­ma (19), sy vrou van net meer as 24 uur, in Ja­nu­a­rie van­jaar in Jef­freys­baai in die OosKaap ont­moet waar sy op ’n sen­ding­uit­reik was.

Re­be­kah is van Kan­sas in die VSA.

Aus­tin het kort ná hul ont­moe­ting in ’n SMS aan sy ma ge­sê dat hy sy trou­vrou ont­moet het.

“Aus­tin was eers bang vir Re­be­kah. Hy het ge­sê sy is so mooi en hy wou eer­der op sy sen­ding­werk fo­kus.”

Vol­gens Wen­dy het dié voor­ne­me nie lank ge­hou nie. “Hy en Re­be­kah het op me­kaar ver­lief ge­raak. Ek het aan hom ge­sê hy moet dit sta­dig vat, maar my seun het ge­weet dat hy met haar wil trou.”

Die jong sen­ding­wer­ker en sy A­me­ri­kaan­se vrou was net so­wat 24 uur ge­troud toe hul­le in ’n mo­tor­on­ge­luk dood is.

Aus­tin en Re­be­kah is Vry­dag in die hof in Kan­sas ge­troud.

’n A­me­ri­kaan­se koe­rant, The Wi­chi­ta Eagle, be­rig die bak­kie wat Aus­tin be­stuur het, het Sa­ter­dag van die pad na­by C­le­ar­wa­ter, waar Re­be­kah se ou­ers woon, ge­loop en ’n boom ge­tref. Aus­tin is op die to­neel dood en Re­be­kah is Maan­dag in ’n hos­pi­taal in die stad Wi­chi­ta oor­le­de.

Wen­dy, haar man, Rod­ger (47), hul dog­ter, Can­da­ce (11), en haar pa, Mal­colm Lou­rens (64), het gis­ter­aand na die VSA ge­vlieg.

“Ons het Re­be­kah in Maart ont­moet. Sy het vir d­rie dae by ons kom kui­er. Re­be­kah het in Mui­zen­berg tuis­ge­gaan. Ons het in dié tyd lief ge­word vir haar. Sy was so mooi. En nes Aus­tin het haar lief­de vir Chris­tus haar na an­der laat uit­reik. Hul­le het baie ge­bid oor wat hul­le moet doen.”

Wen­dy sê Aus­tin is op 15 Ju­nie na die VSA, waar hy vir vyf we­ke as kamp­be­ra­der by ’n so­mer­kamp gaan werk het.

“Toe hy daar klaar was, is hy na Re­be­kah.”

Hy het Re­be­kah in ’n ko­ring­land ge­vra om met hom te trou.

“Hy wou by haar weet wat haar guns­te­ling­plek is. Sy het aan hom ge­sê dis die ko­ring­lan­de na­by hul huis. Dit was haar guns­te­ling­plek as sy al­leen wou wees en met God wou praat. Hy het toe aan haar ge­sê hul­le moet mooi aan­trek en soon­toe gaan.”

Vol­gens Wen­dy het Aus­tin toe hul­le daar kom aan Re­be­kah ge­sê sy moet haar oë toe­maak. “Hy het op­ge­staan en haar ge­vra om te trou.

“Re­be­kah het ja ge­sê.”

Wen­dy sê die paar­tjie en hul on­der­skeie ou­er­pa­re het saam be­sluit dat hul­le vroe­ër as be­plan kon trou. “Hul­le het Vry­dag in die hof ge­trou. Dit was ook in ’n ma­te om sy aan­soek om ’n groen kaart te be­spoe­dig. Ons sou in Sep­tem­ber oor­gaan om die groot troue te hou. Hul­le sou op 30 Sep­tem­ber trou,” sê Wen­dy.

Sy is baie bly dat hul­le ge­trou het. “Aus­tin en Re­be­kah was lief vir me­kaar. Ek is bly hul­le is tog saam.

“Dit is bit­ter­soet om te weet ons gaan nou na die VSA om ons seun te gaan uit­ken.”

Fo­to: FA­CE­BOOK

Re­be­kah Bou­ma (19) en Aus­tin Wes­son (19) kort na­dat hul­le Vry­dag in Kan­sas ge­trou het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.