So­li­da­ri­teit help fa­mi­lies

LI­FE ESIDIMENI­TRAGEDIE Her­e­nig hul­le met ver­mis­te pa­si­ën­te

Beeld - - Nuus - Ren­eil­we Dhludhlu

So­li­da­ri­teit Hel­pen­de Hand gaan al­le fa­mi­lies wat deur die Li­fe Esidimeni-tragedie ge­raak is in die ar­bi­tra­sie­pro­ses ver­teen­woor­dig.

115 psi­gi­a­trie­se pa­si­ën­te is dood en tal­le het ver­mis ge­raak na­dat hul­le uit die sorg van Li­fe Esidimeni na Gau­teng­se nie­re­ge­rings­or­ga­ni­sa­sies (NRO’s) ge­skuif is.

Fran­cois Ven­ter (59) se sus­ter, He­leen Rust (62), kon hom twee jaar lank nie op­spoor nie. Hy was een van die eer­ste groep pa­si­ën­te wat in 2015 na NRO’s ge­skuif is.

Rust het des­tyds be­kom­merd ge­raak toe sy hom ou­der­ge­woon­te pro­beer kon­tak het. Die vei­lig­heids­wag by die Li­fe Esidimeni-hos­pi­taal waar hy was, het aan haar ge­sê Ven­ter is saam met an­der pa­si­ën­te weg.

“Ek is nooit oor die ver­skui­wing in ken­nis ge­stel nie. Ge­woon­lik het hul­le (Li­fe Esidimeni) my ge­kon­tak as daar iets fout is met my broer.

“Die vei­lig­heids­wag kon nie vir my sê waar­heen hy ge­skuif is nie,” sê Rust.

So­li­da­ri­teit het Rust en an­der fa­mi­lies wie se ge­lief­des ver­mis was in De­sem­ber ge­vra om hom te na­der.

I­sa­bel Fau­rie, ’n maat­skap­li­ke wer­ker by So­li­da­ri­teit, het Ven­ter in Ju­lie op­ge­spoor. Hy was in die Li­fe Esidimeni Wa­ver­ley-kli­niek in Ger­mis­ton.

Rust is Maan­dag met hom her­e­nig.

“Dit was on­be­skryf­lik om hom weer te sien, net om te weet dat hy vei­lig is en nie dood is nie. Dit was baie erg, want ek het ge­dink mis­kien lê hy in ’n lyk­huis on­op­ge­ëis,” sê Rust.

Dr. Da­nie B­rink, uit­voe­ren­de hoof van Hel­pen­de Hand, sê die vak­bond gaan as wag­hond op­tree om te ver­se­ker dat daar voor­sie­ning ge­maak word vir fa­mi­lies wie se ge­lief­des deur die oor­pla­sings ge­raak is.

“Die ar­bi­tra­sie­pro­ses sluit ook pa­si­ën­te in wat rond­ge­skuif is en die ver­skui­wing oor­leef het,” sê B­rink.

Hy sê hul fa­mi­lies moet aan­soek doen om te deel in die ver­goe­ding waar­voor voor­sie­ning ge­maak word.

Dr. Aa­ron Mot­so­a­le­di, mi­nis­ter van ge­sond­heid, het in be­spre­kings met So­li­da­ri­teit Hel­pen­de Hand ver­lof toe­ge­staan om ge­sin­ne wat ge­raak is, maar nie in prof. Ma­le­ga­pu­ru Mak­go­ba, ge­sond­heids­om­buds­man, se on­der­soek ge­ken is nie, by die pro­ses in te sluit.

Af­ge­tre­de ad­junk­hoof­reg­ter Dik­gang Mo­se­ne­ke sal oor die pro­ses toe­sig hou.

Fo­to: MARLIEN VAN DER WEST­HUI­ZEN

Fran­cois Ven­ter en sy sus­ter, He­leen Rust.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.