Tal­le Vry­staat­sko­le sluit dalk oor laat sub­si­dies

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tjie Ge­ric­ke

Van die sko­le in die Vry­staat sal hul hek­ke moet sluit as sub­si­dies nie be­tyds deur die Vry­staat­se on­der­wys­de­par­te­ment – wat on­der ad­mi­nis­tra­sie is en wie se geld­sa­ke deur die te­sou­rie be­heer word – be­taal kan word nie.

So sê Re­ni­ël Lo­de­wyk, pro­vin­si­a­le se­kre­ta­ris van die Suid-A­fri­kaan­se On­der­wy­sers­u­nie (SAOU).

Hy sê van die sko­le sal nie be­dryfs­uit­ga­wes, soos wa­ter, e­lek­tri­si­teit en te­le­fo­ne, kan be­taal nie.

Die de­par­te­ment het van­dees­week brie­we na al die skool­hoof­de, be­heer­lig­ga­me en dis­triks­di­rek­teu­re ge­stuur om hul­le oor die laat be­ta­ling in te lig en in ken­nis te stel dat sko­le al­ter­na­tie­we re­ë­lings met kre­di­teu­re moet t­ref.

Lo­de­wyk dreig na­mens die SAOU die de­par­te­ment met reg­stap­pe.

In ’n brief wat Beeld on­der oë ge­had het, sê die de­par­te­ment die laat be­ta­ling is weens on­voor­sie­ne om­stan­dig­he­de. Die de­par­te­ment vra om ver­sko­ning vir die on­ge­rief.

Die hoof van ’n s­kool met 854 leer­lin­ge in die Bult­fon­tein/Hoop­stad-om­ge­wing wie se i­den­ti­teit be­skerm word, sê dié s­kool is een van die arm­stes in die Vry­staat.

“Ons ou­ers is al­mal plaas­wer­kers, werk­loos of die leer­lin­ge staan aan die hoof van huis­ge­sin­ne. Ons oor­leef werk­lik van sub­si­die tot sub­si­die. As sub­si­dies nie be­taal word nie, het ons niks om die s­kool mee te be­dryf nie.”

’n Goud­veld­se skool­hoof sê al­le soor­te sko­le het sub­si­dies no­dig in dié moei­li­ke e­ko­no­mie­se tye. “Ons is nog meer be­kom­merd oor die ‘nie­skool­geld-sko­le’ wat nie be­dryfs­uit­ga­wes sal kan be­taal nie. Ons SAOU-le­de, van wie baie skool­hoof­de is, wor­stel jaar ná jaar met die­self­de pro­bleem.”

“Deur­dat die skry­we na sko­le uit­ge­stuur is, plaas dit be­heer­lig­ga­me, skool­hoof­de, on­der­wy­sers, en leer­lin­ge in om­stan­dig­he­de waar nor­ma­le leer en on­der­rig nie kan voort­gaan nie,” sê Lo­de­wyk. Die SAOU dring daar­op aan dat die de­par­te­ment bin­ne se­we dae sal laat weet wan­neer die sub­si­dies be­taal sal word.

Chris Ver­hoef, pro­vin­si­a­le be­stuur­der van die Fe­de­ra­sie vir Be­heer­lig­ga­me van Suid-A­fri­kaan­se Sko­le (Fed­s­as), sê die kri­sis is baie groot.

■ Adv. T.H. Ma­la­ko­a­ne, hoof van die de­par­te­ment, het nog nie ge­re­a­geer op skrif­te­li­ke na­vrae oor wan­neer die sub­si­dies be­taal gaan word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.