Me­de­leer­ling rand mei­sie by s­kool aan

Beeld - - Nuus - – Han­nes Kru­ger

’n Me­de­leer­ling het ’n mei­sie by ’n s­kool in K­waZu­lu-Na­tal aan­ge­rand, het die de­par­te­ment van ba­sie­se on­der­wys be­ves­tig.

“’n Vi­deo wat dui­de­lik op ’n skool­ter­rein, ver­moe­de­lik in K­waZu­lu-Na­tal, ge­neem is, wys hoe ’n man­li­ke leer­ling ’n vrou­li­ke leer­ling ge­weld­da­dig aan­rand,” lui ’n ver­kla­ring van die de­par­te­ment van ba­sie­se on­der­wys.

Die vi­deo is Woens­dag, op Vrou­e­dag, wyd op so­si­a­le me­dia ver­sprei.

In die vi­deo kan dui­de­lik ge­sien word hoe ’n mei­sie in skool­kle­re deur ’n jong man ge­slaan en ge­skop word. Dit lyk of sy die houe aan­vank­lik pro­beer keer. Daar kan ook ge­sien word hoe sy bloei.

Die on­der­wys­de­par­te­ment in K­waZu­lu-Na­tal is tans be­sig met ’n on­der­soek om vas te stel by wat­ter s­kool dit ge­beur het.

“Die de­par­te­ment sal se­ker maak dat die streng­ste stap­pe moont­lik teen die oor­tre­der ge­doen word.

“Die slag­of­fer sal me­dies on­der­soek en by­ge­staan word so­dra sy op­ge­spoor word.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.