On­nie in sop oor lyf­straf vir eie kind

Beeld - - Nuus - – An­dré Da­mons

Ou­ers eis die kop van ’n Bloem­fon­tein­se on­der­wy­ser na­dat sy haar dog­ter ’n pak slae ge­gee het om­dat die kind dag­ga by die s­kool ge­rook het.

Die la­er­skool­on­der­wy­ser het glo Maan­dag­og­gend saam met ’n an­der on­der­wy­ser dag­ga­ro­kers vas­ge­trek toe dit blyk haar eie dog­ter is een van hul­le.

Haar dog­ter, wat in gr. 7 is, het glo er­ken sy het dag­ga ge­rook. Sy het die kind na die kan­toor ge­neem, maar so in die loop ’n pak slae be­gin gee.

’n Ou­er sê baie an­der kin­ders het ge­sien wat ge­beur.

“Die juf­frou het haar kind ge­slaan tot­dat hul­le in die per­so­neel­ka­mer ge­kom het. Hier het sy ’n ta­fel voor die deur ge­sit en die kind ver­der ge­slaan.

“Die an­der kin­ders is nou bang vir haar, want hul­le dink as sy dit aan haar eie kind kan doen, wat sal sy nie aan hul­le doen nie?” sê die ou­er.

Vol­gens hom is die on­der­wy­ser ná die voor­val huis toe.

Haar man het toe s­kool toe ge­kom en sy dog­ter glo ook pak ge­gee.

Ho­ward N­da­ba, on­der­wys­woord­voer­der in die pro­vin­sie, sê die Vry­staat­se on­der­wys­de­par­te­ment sal die voor­val on­der­soek.

“Lyf­straf by sko­le is on­wet­tig. Ons vra tyd dat die on­der­soek af­ge­han­del kan word,” sê N­da­ba.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.