Sy vul die rok­ke, maar nie veel meer . . .

Beeld - - Vrydag - My Cou­sin Ra­chel Dra­ma Ma­ri­a­na Ma­lan

Die rol­prent be­gin met d­rie vrae: “Het sy of het sy nie? Wie moet die blaam dra?”

Die groot vraag wat die ky­ker eg­ter aan die ein­de wil vra is hoe­kom hier­die rol­prent eint­lik ge­maak is.

Die rol­prent doen die ro­man van Daphne du Mau­rier geen guns nie.

Die sto­rie trek soos tof­fie en bo­wen­al is daar geen to­neel­spel van Os­car-ge­hal­te nie.

Du Mau­rier kon ’n mens met die eer­ste sin in ’n boek al ver­plaas na don­ker gan­ge in hui­se en men­se se sie­le, na ein­de­lo­se oop ruim­tes en broei­en­de on­heil.

Ver­geet eg­ter maar van ro­mans. Die eer­ste sin in ’n rol­prent kan jou ook on­mid­del­lik in­sluk.

Hier ge­beur dit nie aan die be­gin nie en ook nie la­ter nie. Sam Claf­lin as P­hi­lip is moet die skuld kry. Hy word as seun­tjie aan­ge­neem deur

Sam Claf­lin en Ra­chel Weisz in

sy neef Am­bro­se. Hy word groot, ver­laat die he­re­huis ty­de­lik en kom dan te­rug met net een doel voor oë – om so min as moont­lik te doen.

Am­bro­se is in­tus­sen na I­ta­lië waar hy ver­lief raak op Ra­chel. Hul­le trou en dan loop din­ge skeef. P­hi­lip kry brie­we waar­in Am­bro­se om hulp smeek om­dat hy Ra­chel nie meer ver­trou nie.

Am­bro­se sterf en Ra­chel kom na die land­goed om te sien waar haar ge­lief­de van­daan kom.

So fel as sy wan­troue en haat vir die we­du­wee was, so smoor­ver­lief raak P­hi­lip wan­neer hy haar leer ken.

’n Ver­lief­de hoen­der is ’n mooi bog. Nou wys P­hi­lip werk­lik sy on­vol­was­sen­heid deur nuk­ke­rig te sit as Ra­chel aan­dag aan ie­mand an­ders gee.

Dan raak hy to­taal die kluts kwyt en dra al sy be­sit­tings aan Ra­chel oor. Dis mos nou moei­lik­heid soek.

Ra­chel is óf in tra­ne óf ver­ont­waar­dig. Die ke­re wan­neer sy ver­leid­ster speel, is kil en van kor­te duur.

Wat ver­on­der­stel is om ag­ter­dog te laat op­vlam wan­neer P­hi­lip kop­pies krui­e­tee in­ge­jaag word wan­neer hy siek is, raak bloot ver­ve­lig.

Die erg­ste wat met ’n ka­rak­ter kan ge­beur, is dat die ky­ker geen em­pa­tie met hom het nie. P­hi­lip ver­dien die koue skou­er wat na hom ge­draai word.

’n Mens kan glad nie ver­staan hoe­kom die ar­bei­ders op die land­goed so lo­jaal is aan hom nie. Hy swaai af en toe ’n se­kel saam met hul­le of ry perd. En hy deel sy neef se ou kle­re on­der hul­le uit. Nie veel om die lig van aan­bid­ding in hul oë te reg­ver­dig nie.

His­to­rie­se ro­mans kan nog in hier­die tyd van ak­sie en spe­si­a­le ef­fek­te ge­not­vol wees. Dit kan ’n mens laat ver­lang na on­skuld, kers­lig, ju­we­le, hoe­pel­rok­ke en ro­man­se in die gees van die tyd.

Hier­die nig­gie vul die rok­ke en pronk met die ju­we­le, maar ook nie veel meer as dit nie.

Die groot vraag is waar­om hier­die rol­prent eint­lik ge­maak is.

My Cou­sin Ra­chel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.