Bru­net vat die nuus­spoor soos ’n Jack Rus­sell

Sy is die mooi en op­ge­wek­te don­ker­kop wat el­ke aand vir ons die nuus lees op kykNET se eNuus, maar Da­ni­ël­la van Heer­den voer ook veel meer in die mou. Sy be­ant­woord ’n paar van Teré­sa Coet­zee se vrae.

Beeld - - Vrydag -

1. Vertel ons van jou­self.

Ek is ’n 31-ja­ri­ge nuus­le­ser en veld­ver­slag­ge­wer by eNuus op kykNET. My man, Cor­nél, is ’n vry­skut-fo­to­joer­na­lis.

Ons is nou d­rie jaar ge­troud en ons en ons d­rie Jack Rus­sells woon in Roo­de­poort.

2. Hoe het jy in die te­le­vi­sie­wê­reld be­land?

Ek wou van jongs af ’n joer­na­lis word – daar­die be­sef het in­ge­sink die dag wat ek my eer­ste Beeld-skool­koe­rant­kur­sus by­ge­woon het op 15-ja­ri­ge ouderdom.

Die te­le­vi­sie­deel het so half toe­val­lig ge­beur.

Ek het by Beeld as nuus­joer­na­lis ge­werk en was dol daar­oor, toe kykNET in 2010 die eer­ste on­af­hank­li­ke A­fri­kaan­se nuus­bul­le­tin be­gin. Ek is ge­na­der om by die span aan te sluit as veld­ver­slag­ge­wer en kon nie nee sê vir dié ge­leent­heid om iets nuuts te pro­beer nie. Dis nou se­we jaar la­ter en ek is steeds dol oor die me­di­um!

3. Vertel ons bie­tjie van die wê­reld van ’n nuus­le­ser.

Ek was ses jaar lank heel­tyds ’n veld­ver­slag­ge­wer, maar dees­dae is ek meer in die a­tel­jee as nuus­le­ser. Ek pro­beer eg­ter steeds af en toe uit die kan­toor uit kom om sto­ries te gaan uit­snuf­fel. Ek hou ewe veel van al­bei.

As veld­ver­slag­ge­wer is jy op die to­neel van die nuus en sien won­der­li­ke plek­ke en ont­moet in­te­res­san­te men­se. Die uit­da­gings is wel lang ure weg van die huis af en baie tyd op die pad!

As nuus­le­ser moet jy leer om die se­nu­wees wat met reg­streek­se te­le­vi­sie ge­paard­gaan, te kan han­teer – ver­al as din­ge dalk skeef­loop of daar teg­nie­se uit­da­gings is!

eNuus se nuus­le­sers kom nie net in kan­toor toe net voor die se­we­uur-nuus nie – ons help ver­taal, nuus­wen­ke op­volg en ge­pas­te beeld­ma­te­ri­aal soek. Dis heer­lik om deel te wees van die span wat el­ke dag se bul­le­tin aan­me­kaar­sit!

4. Wat doen jy die graag­ste in jou vrye tyd?

Ek hou ewe veel van oe­fen (meer daar­oor la­ter) én van niks­doen!

As ek nie werk nie, sal ek en my man som­mer bie­tjie leeg­lê en te­le­vi­sie kyk, of met die hon­de speel. Ek is ook mal oor lui­lek­ker brun­ches saam met vrien­de of om in­ko­pies te doen!

Ek het ook ’n mo­de­blad op Fa­ce­book, Miss Bar­gai­nis­ta, waar ek uit­rus­tings sti­leer en af­neem en wys hoe vroue op ’n k­lein be­gro­ting styl­vol kan lyk.

5. Hoe­kom is dit be­lang­rik om te oe­fen en ge­sond te wees?

Ek doen dit vir die en­dor­fie­ne! As ek my og­gend be­gin met ’n lek­ker oe­fen­ses­sie, be­ïn­vloed daar­die high my som­mer po­si­tief vir die res van die dag.

En dis lek­ker om s­terk te voel en te sien hoe jou lyf aan­pas en ster­ker, be­ter of vin­ni­ger word.

Ek raak eg­ter nog­al mak­lik ver­veeld met ’n oe­fen­roe­ti­ne, so ek ver­an­der dit en die soort klas­se wat ek by die gim­na­si­um by­woon, nog­al ge­reeld.

Ek het nooit ge­hou van hard­loop op die trap­meul nie, maar ek het be­gin om vir my lek­ker mu­siek-speel­lys­te saam te stel met my guns­te­ling­lied­jies en nou ge­niet ek dit baie om op die maat daar­van te hard­loop!

Ek oe­fen op die trap­meul met my mu­siek; en na­we­ke gaan ta­kel ek dan pad­wed­lo­pe.

6. Jy en Cor­nél het on­langs deur ’n groot kri­sis ge­gaan toe hy am­per sy arm ver­loor het ty­dens ’n frats­on­ge­luk by jul­le huis. Wat is die be­lang­rik­ste les­se wat jy hier­uit ge­leer het?

Ek het ge­leer dat mens moet weet waar jou naas­te hos­pi­taal is!

Ons was ’n paar maan­de te­vo­re so twee keer in die vroeë og­gend­u­re by Flo­ra-kli­niek se on­ge­val­le­af­de­ling met on­der­skei­de­lik tand­pyn (ek) en hoë koors (Cor­nél).

Te dan­ke daar­aan kon ek my bloei­en­de man (hy het sy arm oop­ge­sny op ’n vurk­tand­hei­ning toe ’n leer ge­gly het) in die mo­tor kry en reg­uit hos­pi­taal toe jaag son­der om te moet dink waar­heen ek moet gaan.

Dit het baie tyd ge­spaar en aan­ge­sien hy so baie bloed ver­loor het, moont­lik ook sy le­we ge­red dat ons so vin­nig daar was.

Ek het ge­leer dat ek da­rem kan koel­kop bly in ’n nood­si­tu­a­sie – maar ek dink my werk (as joer­na­lis was ek al in baie ge­vaar­li­ke si­tu­a­sies) en Cor­nél se voor­beeld (hy han­teer kri­sis­se baie goed) het my on­be­wus­te­lik voor­be­rei. Ek is gek na Jo­han­nes­burg. En ek ver­vies my som­mer as men­se maak as­of die Kaap meer doen­din­ge het as die Goud­stad – dik­wels het hul­le nog nooit eens na­vor­sing ge­doen en uit­ge­vind wat daar in dié ge­wes­te is nie.

Ka­pe­naars sal mak­lik ’n half­uur of uur na ’n wyn­plaas toe ry; en net so is daar hor­des din­ge in ons om­ge­wing wat so 30 tot 60 mi­nu­te se ry weg is.

Van my guns­te­lin­ge sluit in perd­ry en ’n warm­lug­bal­lon-rit in die Wieg van die Mens­dom, oor­slaap op ’n Vaal­ri­vier-huis­boot net suid van Jo­han­nes­burg, die V­re­de­fort­koe­pel bui­te Pa­rys, piek­niek by die on­ge­loof­li­ke Ni­rox-beeld­hou­park na­by Mul­ders­drift en om met ons brak­ke te gaan stap by die Em­ma­ren­ti­a­dam. Ek is mal daar­oor om op ’n na­week te gaan oe­fen of laat te slaap, en dan so rond­om 11:00 te gaan brunch eet.

Ek en Cor­nél hou van O­li­via’s Cof­fee Ba­ke in Nort­hcliff (jy kan ook vleis vir braai en blom­me koop by dié sen­trum) en die MV Café by die Moun­tain View-sen­trum in Fai­r­land.

Ons is nie juis a­von­tuur­lus­ti­ge e­ters of foodies nie – ons hou van een­vou­di­ge, be­kos­tig­ba­re en vul­len­de e­tes! ’n Lek­ker kop­pie kof­fie en ont­byt van spek, ta­ma­tie en roer­ei­er maak my ge­luk­kig!

En ons hou van braai in ons eie tuin!

9. Wat is die bes­te f­liek wat jy van­jaar ge­sien het?

Ek was dol oor Hid­den Fi­gu­res!

10. Wat is jou guns­te­ling­va­kan­sie­be­stem­ming?

Ek het as kind by­na el­ke so­mer­va­kan­sie saam met my ou­ers en ou­ma en ou­pa deur­ge­bring by Buf­fels­baai (na­by Knys­na in die Tuin­roe­te) en dit lê my na aan die hart.

Ek en Cor­nél hou eg­ter ook baie van ro­ad trips en om goed­koop self­sorg-kot­hui­se te vind en so de­le van die land te ont­dek waar ons nog nie was nie.

So was ons al in die Oos-Vry­staat (Ro­sen­dal), die K­waZu­luNa­tal­se Mid­del­lan­de (Not­ting­ham Ro­ad en Ho­wick) en Ha­e­nerts­burg in Ma­goe­bas­kloof, Lim­po­po.

My guns­te­ling-be­stem­ming is dus dié wat ek nog moet ont­dek! (Die Noord-Kaap is vol­gen­de op ons ly­sie)

11. Kyk jul­le te­le­vi­sie?

Ja, ons hou van reek­se. Daar is dié wat ek al­leen kyk (Youn­ger, Gil­mo­re Gi­rls), dié wat hy al­leen kyk (Ga­me of Thro­nes – te veel ge­weld vir my!) en dan an­der reek­se wat ons saam kyk. Laas­ge­noem­de sluit in Brook­lyn Ni­ne-Ni­ne (goeie ko­me­die!), The Men­ta­list, Lie to Me, en nou ook die dra­ma This Is Us.

12. Wat­ter apps op jou slim­foon is die bes­te en ge­bruik jy die mees­te?

S­ha­zam – wan­neer ek ’n lied­jie oor die ra­dio of in die gim hoor waar­van ek hou, kan ek da­de­lik vas­stel wat dit is!

Vroe­ër moes ek al­tyd die woor­de pro­beer luis­ter, me­mo­ri­seer en dan la­ter gaan goo­gle!

Ek hou ook baie van sel­foon­fo­to’s en -vi­deo’s en om dit self te neem en te re­di­geer. Daar­om ge­bruik ek apps soos S­nap­s­eed, Boom­e­rang en Hy­per­lap­se nog­al ge­reeld.

Fo­to: KYKNET

eNuus. 7. Vertel ons van die le­we in Jo­han­nes­burg? 8. Wat is jul guns­te­ling­ re­stau­ran­te, kof­fie­win­kels en kui­er­plek­ke?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.