Ger­mis­huys vier agt de­ka­des

Die kuns­te­naar E­ben Ger­mis­huys het me­ni­ge leer­ling en s­tu­dent in Suid­A­fri­ka ge­help vorm en ont­wik­kel. Hy word bin­ne­kort 80 en kyk te­rug op ’n kleur­ry­ke loop­baan en le­we. Teré­sa Coet­zee het by hom gaan kui­er.

Beeld - - Vrydag -

’n Og­gend saam met die beeld­hou­er en skil­der E­ben Ger­mis­huys is ’n be­dry­wi­ge be­sig­heid, want hy vat hier, los daar en praat som­mer so o­ral­oor. Hoe dan ook nou an­ders, want om 80 jaar se hoog­te­pun­te in ’n paar uur te pro­beer op­som, is haas on­moont­lik. En hoog­te­pun­te was daar ve­le in E­ben se le­we.

“Ag nee man, dit klink nou as­of ek my eie beu­el hier sit en blaas,” val hy hom­self kort-kort in die re­de na­dat ek hom oor sy loop­baan uit­ge­vra het. “Ek was maar net baie ge­se­ënd dat ek nog al­tyd kon doen waar­voor ek so ont­set­tend lief is.”

Sy loop­baan het ja­re ge­le­de as boek­hou­er be­gin en sy aan­leg en lief­de vir sy­fers is dui­de­lik uit die blad­sye vol log­boe­ke wat hy deur die ja­re ge­hou het. Sta­tis­tiek is sy ding, en hy het boek­ge­hou van al­les wat be­lang­rik was in sy le­we – van die hoe­veel­heid uur wat hy daag­liks ge­hard­loop het, die ure wat hy el­ke dag aan gods­diens af­ge­staan het, die tyd wat hy aan sy kuns be­stee het. Al­les in sy net­jie­se hand­skrif.

Hoe­wel hy aan die een kant lief is vir sy­fers, het sy skep­pen­de kant en be­geer­te om men­se te leer en te men­tor die oor­hand ge­kry, en E­ben was die groot­ste deel van sy le­we ’n on­der­wy­ser en la­ter ad­junk­hoof. Hy was 20 jaar kuns­on­der­wy­ser aan die Ho­ër­skool Lan­gen­ho­ven.

“Laat ek dit nou maar self hier sê van­dag, ek was ’n baie goeie kuns­on­der­wy­ser,” sê hy en lag op sy ken­mer­ken­de ma­nier. “Jy weet mos hoe dit gaan. As kin­ders nie wis­kun­de kon doen nie, is hul­le sum­mier kuns­klas toe ge­stuur. Soms het ek maar net my han­de saam­ge­slaan oor die klomp wat by my be­land het. Maar uit­ein­de­lik was dit vir my be­lang­ri­ker en lek­ker­der om hul­le deur te kry as wat die on­der­skei­dings was wat my leer­lin­ge ge­kry het.”

Hy het ve­le mees­ter­stuk­ke die lig laat sien – van op­drag­te soos die bors­beeld van Des­mond Tu­tu tot bors­beel­de van S­hei­la Cus­sons, Hen­nie Au­camp, Mi­kro en CJ Lan­gen­ho­ven. Hy het ook bors­beel­de van ver­skeie skool­hoof­de ge­maak, ’n na­la­ten­skap wat vir e­wig vas­ge­lê is.

Die kuns­wer­ke teen die mu­re van sy huis in Ma­ga­lies­kruin, P­re­to­ria vertel so­veel sto­ries – van sy hart­seer om­dat hy en vrou, G­riet (met wie hy al 52 jaar ge­troud is), nooit hul eie kin­ders kon hê nie, tot sy ver­won­de­ring met die dood. (Hul­le het twee kin­ders aan­ge­neem.)

“Ek is nie bang vir die dood nie,” sê hy. “Dis vir my net so ’n re­a­li­teit soos die le­we. Dat dit on­be­kend en mis­te­ri­eus is, is wel so, maar ek vind dit hoe­ge­naamd nie vrees­aan­ja­end nie.”

Sy stu­deer­ka­mer ge­tuig ook van sy be­si­ge le­we: d­rie Com­ra­des-ma­ra­thons, ’n mees­ters­graad in kuns­ge­skie­de­nis wat hy met lof ge­slaag het . . .

In sy a­tel­jee bui­te die huis is hon­der­de k­lein bot­tel­tjies en bei­tel­tjies in rye ge­pak – al­les op hul plek.

Ons groet by die groot hand­ge­kerf­de hout­deur – nog een van E­ben se sy wer­ke.

“Sê vir die men­se ek is nog glad nie oud en koud nie. Ek gee nog kuns­klas­se en min din­ge is vir my so lek­ker,” sê hy.

’n Uit­stal­ling word Vry­dag 18 en Sa­ter­dag 19 Au­gus­tus in sy huis by 365 Berg­se­ring­straat ge­hou om sy 80ste jaar te vier. Bel Ri­a­na Lom­bard by 082 771 1769.

Fo­to: TERÉ­SA COET­ZEE

E­ben Ger­mis­huys in sy a­tel­jee by sy huis in Ma­ga­lies­kruin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.