Hoen­der op spit is sap­pig

Beeld - - Vrydag - – Kar­la Jan­se van Vuur­en

Suid-A­fri­ka­ners is lief vir hul hoen­der, en Ros­to in Lin­den sal e­nig­ie­mand wat daar­van hou om aan ’n vler­kie of boud­jie te knab­bel, op­ge­won­de maak. Ros­to is ’n I­ta­li­aan­se roos­ter­re­stau­rant waar hoen­ders op ’n spit voor ’n hout­vuur ge­roos­ter word tot goud­bruin per­fek­sie. Die roos­ter is in­druk­wek­kend: Dit is in­ge­voer uit I­ta­lië en kan tot 100 hoen­ders ge­lyk roos­ter.

Ros­to se hoen­der is be­skik­baar in d­rie geu­re (son­ge­droog­de ta­ma­tie, Me­di­ter­reen­se kruie en berg­kruie) en jy kan ’n heel, hal­we of kwart­hoen­der be­stel. Aan sul­ke sap­pi­ge, geu­ri­ge hoen­der het ek lank­laas ge­smul.

As hoen­der jou nie op­ge­won­de maak nie, maak op ’n Don­der­dag ’n draai by Ros­to. Dan word ’n he­le ont­been­de vark, op­ge­rol met roos­ma­ryn, sa­lie, ge­roos­ter­de vin­kel, knof­fel en wit­wyn, in die roos­ter­oond gaar­ge­maak. As daar por­chet­ta oor­bly, word dit die vol­gen­de dag voor­ge­sit in slaai of op fo­cac­cia.

Daar is eg­ter meer as net hoen­der op die spys­kaart. ’n Ab­so­lu­te moet-proe is die tra­di­si­o­ne­le I­ta­li­aan­se fo­cac­cia – moe­nie dink dit is soos ’n piz­za son­der ver­beel­ding nie, nee, dié fo­cac­cia is dik en don­sig en ge­geur met on­der meer roos­ma­ryn en knof­fel of rooi pes­to en pan­cet­ta.

’n Mens eet dit by ka­mer­tem­pe­ra­tuur en dit is heer­lik ge­doop in ’n bie­tjie bal­se­miek­a­syn en o­lyf­o­lie.

Nog iets wat ’n mens een­vou­dig moet be­stel, is ’n A­pe­ri-Tea-ske­mer­kel­kie. Dié u­nie­ke men­gel­dran­kie­kon­sep kom uit I­ta­lië – spe­si­a­le tee­sak­kies word ge­bruik om geur te ver­leen aan al­ko­hol soos je­ne­wer of rum, en word af­ge­rond met so­da­wa­ter of li­mo­na­de.

Die a­ran­chi­no (rys­bal­le­tjies) is heer­li­ke hap­pies – pro­beer ge­rus dié ge­vul met bot­ter­skor­sie en ge­rook­te moz­za­rel­la.

Die pol­pet­te (frik­ka­del­le) is pu­re ple­sier. Ek het ge­hou van die frik­ka­del­le van ke­ker­ert­jie, ri­cot­ta en s­pi­na­sie in ’n pi­kan­te ta­ma­tie­sous en af­ge­rond met pe­co­ri­nok­aas.

Daar is ook frik­ka­del­le ge­maak van hoen­der (na­tuur­lik), lams-, bees- of vark­vleis en nog ’n ve­ge­ta­rie­se op­sie: len­sies en pa­tat.

Pro­beer ge­rus die ke­ker­ert­jie-sky­fies as by­kos by jou hoen­der – dis ver­sla­wend!

Daar is ook baie om jou sui­ker­tand ge­luk­kig te hou.

■ Ros­to is ge­leë by 7de Straat 69, Lin­den. S­ka­kel 011 888 0369 om te be­spreek en be­soek e­a­tros­to.com vir in­lig­ting of om na die spys­kaart te kyk.

Heer­li­ke hoen­der by Ros­to, met ’n A­pe­ri­Tea­ske­mer­kel­kie, frik­ka­del­le (links) en rys­bal­le­tjies (regs).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.