Don­kies deel van era van er­ge swaar­kry

Beeld - - Kommentaar - Jo­han van Wyk

’NKoe­rant­be­rig oor die­we wat ’n ge­steel­de Mer­ce­des-Benz met don­kies uit die droë Lim­po­po­ri­vier pro­beer sleep het toe die mo­tor Zim­bab­we toe ge­smok­kel is en in sand vas­ge­val het, moes baie men­se weer Jo­chem van Brug­gen se aan­gry­pen­de ro­man Am­pie laat op­neem het.

Teen die ag­ter­grond van skrei­en­de wit ar­moe­de, on­ge­let­terd­heid en ver­suk­ke­ling ná die Boe­re­oor­log het dit my ook opnuut ge­roer.

Jong men­se wat niks van daar­die droe­wi­ge tyd­perk weet nie, be­hoort dit te lees. Dit be­hoort ook weer as to­neel­stuk op­ge­voer te word soos in die 1940’ tot 1960’s, toe dit deur toer­ge­sel­skap­pe na el­ke dorp in Suid-A­fri­ka ge­bring en die rol van Am­pie deur die bes­te A­fri­kaan­se ak­teurs ver­tolk is, van An­dré Hu­gue­net tot Ma­ri­us Wey­ers.

Dis hoe­ka tyd dat A­fri­ka­ners her­in­ner word aan hul ne­de­ri­ge her­koms en die dae toe hul­le voor­ou­ers neer­ge­slaan en arm en on­ge­let­terd was. Par­ty men­se is mos skaam vir hul her­koms.

Nie ek nie. Soos

Am­pie op sy ge­lief­de, ne­de­ri­ge don­kie, ou

Ja­kob, was ek ook trots wan­neer die to­neel­stuk in die kerk­saal op Cal­vi­nia op­ge­voer is. Die af­wag­ting by die ge­hoor, on­der die

En­gel­se hiel uit­ge­hon­ger vir ’n krum­mel­tjie kul­tuur in hul eie taal, was voel­baar.

Hul­le het ge­weet hoe dit voel om soos Am­pie ’n be­staan te maak deur vir ’n ou­lap en ’n bok­stert ge­droog­de mis­koe­ke vir ’n smids­win­kel se blaas­balk met ou Ja­kob aan te ry. Daar was nie vir arm men­se “al­l­pay” soos nou nie. Daar was net all work and litt­le pay.

Nie son­der hu­mor nie. Wan­neer Am­pie met ou Ja­kob op die ver­hoog ver­skyn het, sou ’n grap­ma­ker in die ge­hoor hard­op sê: “Pa­s­op nou, Vaal­tyn, jou blik­oor!”

Uit or­dent­lik­heid teen­oor die ge­leer­de ak­teurs sou die ge­hoor net on­der­langs proe­send lag.

Toe ’n a­stran­te don­kie, vir die op­voe­ring in die dorps­kamp ge­vang, ’n kind by die kerk­saal aan die been beet­kry, was daar eers sports. Waar ’n don­kie byt, los hy nie som­mer nie. Hy het eers ge­los na­dat At­tie Maans van Kap­gat ’n kerk­saal­stoel stuk­kend ge­slaan en ’n poot in sy bek ge­druk het.

Naam­gee by don­kies was ’n be­lang­ri­ke saak. ’n Don­kie moes ’n dap­per, le­wen­di­ge naam kry. Dank­sy Am­pie was daar eg­ter nie ’n plaas wat nie ’n don­kie met die naam Ja­kob ge­had het nie. Ver­al plaas­kin­ders het hul skool­don­kies graag Ja­kob ge­noem om­dat hul­le ge­woon­lik oud en mak was. Om hul­le aan te vuur het boe­re don­kies na Boe­re­ge­ne­raals soos De­la­rey en De Wet ge­noem.

Hen­drik Nag se twee voor­slagreun­don­kies se na­me was K­lip­bok en Dai­sy. Wan­neer hy die lei­sels op­ge­tel het, het sy taai­er­wiel­kar se diff soos ’n ka­na­rie ge­sing. Hy het nooit aan ’n plak ge­vat nie. Hy het net met hul­le ge­praat. “K­lip­booook­kk, Dai­syyyy!”

Am­pie ver­klaar hier­die lief­de so: “’n E­sel is die ge­skik­ste en taai­ste dier wat die He­re ge­maak het. . . en so ver­stan­dig.”

Ek kan dit nie be­ter stel nie.

‘‘

’n Don­kie moes ’n dap­per, le­wen­di­ge naam kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.