Hek­se­jag op LP’s sal boek­de­le spreek oor ANC

Beeld - - Kommentaar -

Aan­dui­dings dat die ANC ’n hek­se­jag wil doen teen die “af­val­li­ge” LP’s wat ten guns­te van die mo­sie van wan­troue in die pre­si­dent ge­stem het, spreek boek­de­le oor hoe die re­ge­ren­de par­ty in die eer­ste plek be­land het in die kri­sis waar­in hy nou is.

Die ANC was nog nooit lief vir kri­tiek nie, maar het on­der pres. Ja­cob Zu­ma toe­ne­mend in hom­self ge­keer ge­raak en al hoe meer met die werk­lik­heid tred ver­loor. Aan die wor­tel van die pro­bleem lê doof­heid in die Zu­ma-kliek vir kri­tiek van bin­ne óf van bui­te die ANC, te­sa­me met ’n kom­mer­wek­ken­de ver­be­ten­heid om kri­ti­ci die mond te snoer.

Ja, die par­ty praat al­ler­han­de mooi­praat­jies oor din­ge soos “self­kor­rek­sie” en “ver­nu­wing”. Maar dié praat­jies gaan nou al ja­re aan son­der dat daar werk­lik ge­hoor ge­gee word aan die kri­tiek wat van­uit die ANC en die bre­ër re­ge­ren­de al­li­an­sie ge­op­per word.

Zu­ma het by­voor­beeld twee jaar ge­le­de op die ANC-hoof­raads­ver­ga­de­ring ver­klaar: “Van die ANC se u­nie­ke sterk­pun­te is self­kri­tiek en self­kor­rek­sie.”

Dit is die ein­ste pre­si­dent wat ver­seg om kri­tiek uit eie ge­le­de­re aan te hoor. Die ein­ste pre­si­dent wat on­danks die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof se ver­doe­men­de uit­spraak van 31 Maart ver­le­de jaar steeds ver­be­te aan sy pos klou. Nie juis ’n toon­beeld van ’n pre­si­dent en par­ty met “die u­nie­ke sterk­pun­te van self­kri­tiek en self­kor­rek­sie” nie, of hoe?

As dít sy sterk­pun­te is, sou hy lank­al self ge­loop of sou die ANC hom die trek­pas ge­gee het.

Feit is ook: Zu­ma het nog nooit ’n s­terk ANC be­geer wat in staat is om in­tern be­hoor­li­ke de­bat­te te voer oor die roe­ping en stra­te­gie van die or­ga­ni­sa­sie nie. Sy doel­wit was juis om ’n swak or­ga­ni­sa­sie te skep wat op­drag­te van bo klak­ke­loos uit­voer in ruil vir ’n paar krum­mels van die Zup­tas se ta­fel van pa­tro­naat­skap.

Van­daar ook sy on­lang­se ver­sug­ting dat as hy maar ’n dik­ta­tor was, hy sa­ke maar te vin­nig sou kon re­gruk.

Dít al­les is des te meer kom­mer­wek­kend teen die ag­ter­grond van die ANC se be­skul­di­ging dat die mo­sie van wan­troue ’n “po­ging tot ’n staats­greep” was. Gee hy te ken­ne dat die LP’s wat vir die mo­sie ge­stem het aan hoog­ver­raad skul­dig is?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.