‘Ra­tels’ gee sol­da­te hul stem te­rug

Beeld - - Kommentaar -

Ek het groot re­spek vir die stand­punt van Erg Ge­won­de Sol­daat in Cen­tu­ri­on (“Moet ons nie aan oor­log her­in­ner”, 10.09).

In re­ak­sie op ’n uit­trek­sel uit my boek Ra­tels aan die Lom­ba skryf hy na­dat hy vertel het hoe van sy eie mak­kers in An­go­la aan flar­de ge- skiet is: “Dit is dus sin­loos om man­ne wat deur oor­log­voe­ring ge­skend is, kort-kort in el­le­lan­ge ar­ti­kels oor boe­ke daar­oor daar­aan te her­in­ner.”

Met die groot­ste vrien­de­lik­heid: Sy stand­punt be­te­ken dat al­le ge­skied­skry­wing oor sa­ke wat nie voor die hui­di­ge ge­slag se ge­boor­te is nie, ge­staak moet word. Dit kan tog nie reg wees nie.

Be­lang­ri­ker nog: Die man­ne van C­har­lie-es­ka­dron, 61 Ge­me­ga­ni­seer­de Ba­tal­jon­groep – die een­heid waar­oor die boek han­del – het ná die oor­log die ge­voel ge­had dat hul­le hul stem kwyt is.

Nie­mand wis van hul we­der­va­rings nie en nie­mand het be­lang ge­stel nie. Dus het hul­le my self ge­vra om die boek te skryf en hul en­toe­si­as­tie­se me­de­wer­king ver­leen.

Die boek is be­doel om die man­ne van C­har­lie-es­ka­dron en men­se soos Erg Ge­won­de Sol­daat hul stem te­rug te gee.

S­choltz

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.