Ge­ne­raals het nié ge­dink nie

Beeld - - Kommentaar -

S­kut­ter Bos­sies se vraag (09.08) wat die ge­ne­raals ge­dink het toe hul­le des­tyds troe­pe uit­ge­le­wer het aan on­be­voeg­de siel­kun­di­ges vir pro­fes­si­o­ne­le hulp, het net een ant­woord. Hul­le het nie ge­dink nie.

Die weer­mag het soos met so baie an­der diens­te van goed­koop, on­er­va­re per­so­neel ge­bruik ge­maak: troe­pe. An­ders as ge­so­fis­ti­keer­de weer­mag­te soos dié van die VSA en B­rit­tan­je het ons weer­mag nie van kun­di­ge, er­va­re siel­kun­di­ge per­so­neel op per­ma­nen­te grond­slag ge­bruik ge­maak nie. Sul­ke siel­kun­di­ges en psi­gi­a­ters was be­skik­baar in die land. Maar nee, sul­ke on­be­lang­ri­ke kwes­sies is aan on­er­va­re en traak-my-nie-ag­ti­ge diens­plig­ti­ges oor­ge­laat.

Van­dag sien ’n mens die on­ge­luk­ki­ge uit­ein­de daar­van. Die weer­mag het men­se soos S­kut­ter Bos­sies nie as ’n pri­o­ri­teit ge­sien nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.