Oor rooi lip­pe en oor­log

Mi­chél­le van B­re­da, re­dak­teur van Sa­rie, vertel Mur­ray La Vi­ta wat “mooi” is en praat oor die groot ver­lie­se in haar le­we.

Beeld - - Middelblad - Oop Kaar­te Mi­chél­le van B­re­da in ’n on­der­houd in Kaap­stad.

Mur­ray La Vi­ta

Sy was agt jaar oud toe sy aan die hoof van die ta­fel gaan sit het. “Son­der dat ie­mand iets ge­sê het, het ek daar gaan sit . . . Ek was die oud­ste,” sê Mi­chél­le van B­re­da.

Haar broer en sus­ter was nog kleu­ters. “Ek was vier, vyf jaar ou­er as hul­le. Mis­kien was dit net in­stink­tief dat ek be­sef het: dit is ek en my ma wat hier­die twee klein­tjies gaan groot­maak; ons is nou in be­heer van hier­die huis.”

Dit was net na­dat haar ou­ers ge­skei is en haar pa die huis ver­laat het.

“Ek het ’n ver­skrik­li­ke ver­ant­woor­de­lik­heids­ge­voel wat ek dink soms tot my na­deel is . . .”

Hier­die me­de­de­lings kom aan die ein­de van ’n on­der­houd met Mi­chél­le in Sa­rie se kan­toor op die 19de ver­die­ping van ’n ge­bou in die Kaap­se mid­de­stad. Sy is die af­ge­lo­pe 16 jaar die veel­be­kroon­de re­dak­teur van dié 68 jaar oue pu­bli­ka­sie wat al meer­ma­le as Suid-A­fri­ka se bes­te tyd­skrif aan­ge­wys is.

Voor­dat die on­der­houd be­gin, ge­sels ons oor die ver­ruk­li­ke uit­sig­te op die sy Sa­rie toe is as skoon­heids­re­dak­teur see en op Ta­fel­berg en die stad. Ek en la­ter Jo­han­nes­burg­se re­dak­teur maak ’n op­mer­king oor ’n wol­ke­krab­ber ge­word het. In 2000 het sy na wat deur die le­gen­da­rie­se Re­vel die koe­rant­wê­reld te­rug­ge­keer as se­ni­or Fox ont­werp is en wat mooi be­kyk as­sis­tent­re­dak­teur van Beeld. kan word aan­ge­sien dit na­by aan die Toe sy in Maart 2001 Sa­rie se re­dak­teur ge­bou is waar­in ons ons be­vind. word, het sy ge­dink sy gaan dit

Mi­chél­le sê die uit­sig op dié ge­bou net vir vyf jaar doen, maar dit is vir en die stad laat ’n mens ’n bie­tjie aan haar so ver­vul­lend dat sy “hook­ed” New York dink. Dit is een van haar ge­raak het. guns­te­ling-ste­de. Wan­neer ek haar la­ter Mi­chél­le is met De­wald van B­re­da, kom­pli­men­teer met haar mooi sil­wer ’n oud-koe­rant­man, ge­troud en pen­del Fu­la­ni-ring, sê sy sy het dit in tus­sen hul tuis­tes en haar kan­to­re in G­ha­na ge­koop en dat sy dit baie ge­niet Kaap­stad en Jo­han­nes­burg. om in A­fri­ka te reis.

D Mi­chél­le is ’n be­son­der aan­trek­li­ke ie on­der­houd be­gin by Sa­rie se en in­tel­li­gen­te vrou met ’n heer­li­ke voor­blad­ge­sig-wed­stryd van die sin vir hu­mor. ’n Groot deel van haar af­ge­lo­pe se­we jaar waar­in ’n be­ko­ring lê waar­skyn­lik ook daar­in “ge­wo­ne” vrou van e­ni­ge ouderdom dat sy ge­so­fis­ti­keerd is, maar ab­so­luut die ge­leent­heid kry om op die voor­blad on­pre­ten­si­eus en nie aan­stel­le­rig nie. te ver­skyn. Dié wed­stryd is nou

Sy het op Ca­le­don in die O­ver­berg ook ’n TV-reeks – Sa­rie Voor­blad­ge­sig groot­ge­word en aan die U­ni­ver­si­teit – op kykNET waar­in die soek­tog na S­tel­len­bosch gaan stu­deer met die ge­dag­te 2017 se voor­blad­ge­sig ge­wys word. om ’n loop­baan in die di­plo­ma­tie­ke “Sa­rie gaan nie oor skoon­heids­ko­nin­gin­ne diens te volg. en mo­del­le nie; dit gaan oor

’n Ont­moe­ting met Piet Cil­lié, des­tyds ge­wo­ne vroue wie se sto­ries vertel hoof van die joer­na­lis­tiek­de­par­te­ment, word, en ek het net be­sef as hier­die het daar­toe ge­lei dat sy die hon­neurs­kur­sus vroue . . . as dít hul­le wê­reld is; as dít in die joer­na­lis­tiek ge­volg hul­le taal is; as dít hul­le bie­tjie in­spi­ra­sie het en ’n joer­na­lis ge­word het. per maand is; as hul­le Sa­rie on­der­steun,

Sy het by Die Bur­ger be­gin en la­ter dan het hul­le die reg om Beeld se vrou­e­re­dak­teur ge­word voor­dat ook op die voor­blad te wees, so hoe­kom staan ons nie nou een van ons 12 voor­blaaie af aan ’n leser nie? Sy wén die voor­blad. 50 000 vroue het al in­ge­skryf. Nou 50 000 is ’n rúg­by­sta­di­on vol men­se! Ons ver­ge­lyk dit al­tyd met rug­by, want hier by Sa­rie is ons mal oor rug­by,” sê sy lag­gend.

“Al­mal vra al­tyd hoe be­sluit jy op die voor­blad? Wát maak ’n goeie voor­blad? Ek het aan­vank­lik ge­dink dit het baie met self­ver­troue te doen.

“As men­se vir my ge­vra het: ‘Wat is vir jou mooi?’, sou ek al­tyd ge­sê het ’n vrou met self­ver­troue, en ek dink dit is nog steeds vir my mooi, maar toe ek nou na die af­ge­lo­pe se­we jaar se wen­voor­blaaie kyk, toe sien ek nie een van daai wen­ners loop óór van self­ver­troue nie, daar was iéts an­ders, nou wát was daar­die iets? En ek het ge­dink dit is ’n bie­tjie van ’n weer­loos­heid want hul­le is uit hul­le ge­mak­so­ne.

“Om voor ’n ka­me­ra in ’n a­tel­jee te wees is nie spe­le­tjies nie, selfs hier­die is nie spe­le­tjies nie (sy wys na die vi­de­o­ka­me­ra wat op haar ge­rig is) want die ding is jy moet van jou­self gee; op die ou end hang dit van jóú af – jý moet gee en dis daai oom­blik van gee wat die on­se­ker­heid bring. Maar dan die be­reid­wil­lig­heid om te wys wie ek is – hier is ’n bie­tjie van my.

“So, jy loop by daai rak ver­by en jy sien die oë, jy sien mis­kien die lyf­taal en jy weet hier is ’n bie­tjie van ’n eer­lik­heid. En dis baie mak­lik, am­per ’n cli­ché, om te sê eer­lik; wát is eer­lik?

“Maar dis net ’n ge­voel wat jy kry: hier is ’n vrou wat vir my ’n bie­tjie van haar wys en ek is nou nuus­kie­rig oor haar. So, mooi in voor­blad­ter­me vir Sa­rie is meer ’n e­mo­sie as wat dit skoon­heid is. Dis meer iets wat jy vóél as wat jy sién.”

Ons ge­sels oor haar lief­de vir nuus. “Toe Ge­or­ge Bush (sr.) Irak aan­ge­val het . . . Ek het nie ge­dink ek sal in my le­we kon­ven­si­o­ne­le oor­log­voe­ring op TV sien nie! En CNN is em­bed­ded! Joer­na­lis­te is deel van die kon­vooi!

“Ek kan ont­hou ek was nog Sa­rie se skoon­heids­re­dak­teur . . . Ons was be­sig om rooi lip­stif­fies te skiet, en kyk dis moei­lik om ’n lip­stif­fie af te neem nè, dit kan úre neem om ’n reg­te goeie pro­duk­fo­to te neem . . .

“En ek het so na daar­die lip­stif­fies ge­kyk en ge­sê: Hoe bring ek nou hier­die rooi lip­stif­fies by die oor­log dáár?”

La­ter sou sy ’n s­ka­kel tus­sen die twee wê­rel­de ont­dek.

“Min het ek toe ge­weet van die he­le ding van hoe die ver­ko­pe van rooi lip­stif­fies ná 9/11 wê­reld­wyd die hoog­te sou in­skiet; hul­le noem dit the lip­stick ef­fect. In moei­li­ke tye sal men­se dik­wels kléin be­der­fies koop. En met rooi . . . vroue dra nie som­mer net rooi nie, hul­le dra dit om te sê: ‘Ek is hier. Kyk vir my, ek gee nie op nie. Ek is ’n krag.’”

Mi­ran­da P­rie­st­ly, ’n ka­rak­ter wat waar­skyn­lik op die Vo­gue­re­dak­teur An­na Win­tour ge­skoei is, praat in The De­vil We­ars Pra­da oor die be­lang en krag van mo­de in ’n sa­me­le­wing.

“Sy praat ook van ce­ru­le­an blue daar. Sy sê blou is nie net blou nie. Dít is die ge­sprek­ke wat ons baie by Sa­rie het – níks ge­beur net som­mer nie . . . as mar­sa­la die kleur van die jaar is, as daai diép wyn­rooi die kleur van die jaar is, is daar ’n re­de daar­voor. As ca­mou­fla­ge-drag in die mo­de is, is daar ’n re­de daar­voor – ê­rens voer ons oor­log of ê­rens wíl ons nie meer oor­log voer nie. As wít ’n groot ding is . . . men­se soek kalm­te. Groot ser­pe . . . dis die rei­si­ger in ons. Goe­ters ge­beur met ’n re­de.”

Mo­de re­gis­treer wat in die wê­reld ge­beur.

“Ja, of dit nou die rooi lip­stif­fie is of die groot serp waar­in jy jou toe­draai. En of dit kós is en de­kor – mo­de, skoon­heid, kos, de­kor; dis hoe­kom ons hul­le al­les sáám be­plan by Sa­rie, want hul­le het diesélf­de oor­sprong. Níks ge­beur som­mer net nie. Dit spreek van die ver­vlegt­heid van din­ge.”

Die uit­da­ging is dat el­ke uit­ga­we ’n en­ke­le bood­skap uit­dra wat reg­deur die tyd­skrif re­so­neer.

N et voor­dat sy Sa­rie se re­dak­teur ge­word het, het Mi­chél­le na oud­re­dak­teur I­zak de Vil­liers toe ge­gaan vir raad.

“Want s­kie­lik be­sef jy hier­die tyd­skrif . . . van­jaar is hy 68 jaar oud. En om­dat ek die oud­ste kind is, neem ek on­mid­del­lik die ver­ant­woor­de­lik­heid op my skou­ers; ek vóél die ver­ant­woor­de­lik­heid.

“Ek het vir I­zak ge­sê: ‘Gee vir my ’n paar pun­te.’ En hy het vir my ge­sê: ‘Maak dit móói. Vroue hou van mooi din­ge. Hier­die tyd­skrif moet soos ’n ge­skenk wees el­ke maand.’ So dis mý ge­skenk, mý stuk­kie in­spi­ra­sie . . .”

Hy het ook vir haar ge­sê ’n re­dak­teur kan nooit op die grens staan nie; sy moet van haar­self gee.

“Dit was vir my die moei­lik­ste ding. Jy moet boots and all in­klím. Hul­le moet weet wie jy is en jy moet weet wie hul­le is. Jy ver­wag van hul­le om hul­le sto­ries vir jou te vertel want dít is jou tyd­skrif – jy vertel jou le­sers se sto­ries; dit is waar jy jou in­spi­ra­sie en jou styl vir die tyd­skrif kry. Wat gee jy in ruil?

“En dit was vir my moei­lik, want ek is . . . ek hou baie van men­se en ek hou van ge­sels, maar ek is meer ’n in­tro­vert. Ek sal eer­ste dink: hoe gaan ek hier­uit kom of in wat­ter hoek gaan ek sit? Dis my éér­ste, éér­ste ge­dag­te, en dan be­gin die bin­ne­ge­veg.

“So vir mý om te gee en om oor my ha­re te praat én oor s­kool én my vre­se én my vreug­des, was moei­lik. Maar ek kon die vrug­te daar­van sien. Ek kon die e­mo­si­o­ne­le kon­nek­sie tus­sen my en die span en die leser voel . . .”

In­ner­li­ke krag en om self­ge­dre­we te wees kom ter spra­ke.

“Nou waar dit van­daan kom, weet ek nie . . . Baie men­se sal sê dit moet ’n spi­ri­tu­e­le oor­sprong hê . . . Dit móét spi­ri­tu­eel wees want dit is se­ker ook wat my deur­ge­dra het toe my broer, Fran­cois, dood is.”

Hy is in 1996 in Kaap­stad in die sper­vuur van stry­den­de tax­i­fak­sies dood­ge­skiet.

“Daai ding het my hard ge­slaan . . . Ná sy dood was daar twee jaar wat vir my heel­te­mal vaag is. Ek weet nie hoe ek ge­werk het nie; ek kan nie ont­hou dat ek iets van waar­de ge­doen het nie . . .

“Maar ál­mal van ons gaan deur er­ge goed en ek het be­sef in jou ge­bro­ken­heid kry jy am­per weer nog ’n kans om jou­self weer op te bou en die stuk­ke soms op ’n an­der ma­nier aan­me­kaar te sit.

“Ek dink Fran­cois se dood het my ook laat be­sef dat wat­ter pro­bleem ook al op­duik . . . dis nie as­of daar nie vrees en on­se­ker­heid is nie, maar dan is daar ’n an­der stem­me­tjie wat vir my sê: Ons sal dit kan maak.”

Fo­to: ADRIAN DE KOCK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.