S­waar­de klet­ter

‘Haal Kim uit,’ sê Trump se pas­toor

Beeld - - Wereld-beeld - – Reu­ters

Die VSA gaan, net soos in ’n po­ker­wed­stryd, nie sy kaar­te aan Noord-Korea wys nie, maar hy is be­slis ge­reed om op te tree, het een van pres. Do­nald Trump se raad­ge­wers gis­ter ge­sê.

Noord-Korea het eer­gis­ter ge­dreig om sy vol­gen­de mis­siel­toet­se te ver­skuif na die see langs die ei­land Gu­am, wat A­me­ri­kaan­se grond­ge­bied is.

Dié stap volg op Trump se ver­ma­ning dat hy ge­reed is om met “vuur en woe­de” op Noord-Korea se drei­ge­men­te teen hom te re­a­geer.

Vol­gens die Noord-Ko­re­aan­se staat­snuus­diens het die weer­mag toe­stem­ming van Kim Jong-oen ge­vra om vier mid­del­af­stand­mis­sie­le tot in die see so­wat 30 km tot 40 km van Gu­am af te vuur om ’n “kri­tie­ke waar­sku­wing” aan die VSA te stuur.

Dit sal be­te­ken die mis­sie­le sal oor Ja­pan trek.

Ja­pan sê hy sal oor­een­koms­tig sy reg­te op­tree as die mis­sie­le af­ge­skiet word.

Suid-Korea het ook ’n “streng waar­sku­wing” aan sy noor­de­li­ke neef ge­rig dat hy hom­self aan op­tre­de “deur die Suid-Ko­re­aans-A­me­ri­kaan­se al­li­an­sie” sal bloot­stel as hy die mis­sie­le wel lan­seer.

Dr. Se­bas­ti­an Gor­ka, ad­jun­k­raad­ge­wer van Trump, het by na­vraag aan BBC ge­sê: “Do­nald Trump se woor­de was on­dub­bel­sin­nig. Hy sal e­ni­ge toe­pas­li­ke maat­re­ël ge­bruik om die VSA en haar bur­gers te be­skerm.

“Ons te­le­gra­feer nie ons toe­koms­ti­ge sce­na­rio’s of hoe ons gaan re­a­geer nie. As jy om ’n po­ker­ta­fel jou hand aan die an­der spe­lers wys, gaan jy ver­loor. Dit is nie ’n goeie i­dee in kaart­spel nie en is ’n baie sleg­te i­dee in wê­reld­po­li­tiek.”

Past. Ro­bert Jef­fress, een van Trump se gees­te­li­ke raad­ge­wers wat ook by sy in­hul­di­ging ge­preek het, het in­tus­sen eer­gis­ter o­lie op die vuur ge­gooi deur te sê die A­me­ri­kaan­se pre­si­dent het die mo­re­le reg om Kim “uit te haal”, be­rig The Washing­ton Post.

“In die boek Ro­mei­ne staan dui­de­lik God gee heer­sers vol­le mag om e­ni­ge maat­re­ël wat no­dig is te ge­bruik – in­slui­tend oor­log – om boos­heid te be­veg,” sê die pas­toor van Tex­as in ’n ver­kla­ring.

“In die ge­val van Noor­dKo­rea het God Trump die ou­to­ri­teit ge­gee om Kim Jong-oen uit te haal.”

Die si­tu­a­sie het die A­me­ri­kaan­se ef­fek­te­beur­se gis­ter vir die der­de dag ná me­kaar la­er laat o­pen. Die Dow Jo­nes-ny­wer­heids­in­deks het met 100 pun­te (0,34 %) te­rug­ge­sak teen­oor sy slui­ting­sy­fer van die vo­ri­ge dag.

Fo­to: REU­TERS

Toe­ris­te ont­span gis­ter op die strand op Gu­am, die A­me­ri­kaan­se ei­land in die S­til­le O­se­aan wat glo in Noord­Korea se vi­sier is. Nie­mand het nog van die ei­land ge­vlug se­dert Noord­Korea se drei­ge­men­te om mis­sie­le tot daar na­by af te vuur nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.