Gu­am­in­wo­ners voel vei­lig, al dreig aan­val

Beeld - - Wereld-beeld - Ma­re­li­ze Bar­nard

“Dit is soos e­ni­ge dag hier. Maar ons is be­wus van die baie k­lein kans dat Noord-Korea ons ei­land kan aan­val.”

So be­skryf Ju­liet­ta Qui­ne­ne, ’n boor­ling van Ma­troos­fon­tein in die Wes-Kaap, die sie­ning van men­se op die ei­land Gu­am, waar sy die laas­te paar jaar woon.

Te mid­de van ver­skerp­te drei­ge­men­te deur Noord-Korea dat plan­ne ge­fi­na­li­seer word om dié A­me­ri­kaans be­heer­de ei­land met mis­sie­le aan te val, sê Qui­ne­ne hul­le is ge­woond aan be­drei­gings, het­sy deur die na­tuur of die moont­lik­heid van oor­log.

Hul­le is rus­tig daar­oor dat die vei­lig­heids­mag­te wat daar ont­plooi is e­ni­ge aan­val op die ei­land sal kan af­weer.

“Ons voel be­skerm teen die 0,0001%-moont­lik­heid dat ons ei­land aan­ge­val sal word.”

Sy sê die ei­land­be­wo­ners is in der waar­heid vei­li­ger (om­dat daar so­veel mi­li­tê­re be­sker­ming is) as men­se in Suid-Korea of Ja­pan.

Die in­wo­ners van Gu­am moet be­paal­de rig­ly­ne volg in ge­val van ’n be­drei­ging en hul­le oe­fen ge­reeld wat om te doen, sê sy.

Qui­ne­ne, haar man, To­ny, en hul d­rie kin­ders, D’Mar­co (19), To­ny Ry­an (15) en Ky­le (10), woon op die ei­land. Hul­le is A­me­ri­kaan­se bur­gers en To­ny is ’n af­ge­tre­de lid van die A­me­ri­kaan­se weer­mag.

Die sko­le het pas weer be­gin ná die va­kan­sie en Qui­ne­ne sê dit is maar soos e­ni­ge an­der dag – sy het die kin­ders by die s­kool gaan af­laai en daar was die­self­de “‘druk ver­keer’, niks an­ders as e­ni­ge an­der dag nie”.

To­ny Ry­an het sy ma trots ge­maak toe hy uit sy eie wou weet wat die ge­sin se plan van ak­sie is as hul­le deur mis­sie­le be­dreig word.

Qui­ne­ne sê Ed­die Ba­za Cal­vo, goe­wer­neur van Gu­am, het vroe­ër die dag ge­sê hy is vol ver­troue dat hul­le die bes­te mi­li­tê­re mag ter wê­reld het wat hul­le teen e­ni­ge moont­li­ke mis­siel­aan­val kan be­skerm.

’n A­me­ri­kaan­se lug­mag- en vloot­ba­sis is op die ei­land ge­ves­tig.

Die Qui­ne­ne-ge­sin doen da­rem tog so ’n bie­tjie meer moei­te om ge­reed te maak vir ’n moont­li­ke aan­val. Hul­le maak se­ker dat hul­le ’n voor­raad wa­ter het, as­ook ek­stra bat­te­rye en ge­noeg me­di­sy­ne. “Ons is voor­be­reid,” sê dié Suid-A­fri­kaan­se boor­ling oor haar le­we op Gu­am.

Fo­to: JU­LIET­TA QUI­NE­NE

Gis­ter was dit net nog ’n lief­li­ke dag op die ei­land Gu­am ter­wyl die wê­reld gons oor ’n moont­li­ke mis­siel­aan­val deur Noord­Korea.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.