Dís mos hoe­kom hy te groot is vir sy skoe­ne

Beeld - - Kuns & Vermaak -

Die a­ni­ma­sie­prent Son of Big­foot is in oor­se­se re­sen­sies ge­loof vir “ho­pe hart, ver­beel­ding en a­von­tuur”.

Dié rol­prent be­gin van­dag in 3D in rol­prent­te­a­ters draai. Dit han­del oor A­dam, ’n tie­ner­seun wat sy ver­lo­re pa gaan soek en dan ag­ter­kom dat hy die seun van die le­gen­da­rie­se A­me­ri­kaan­se “mon­ster­man” Big­foot is. Van­daar sy pa se af­we­sig­heid al die ja­re!

Dié sag­moe­di­ge mon­ster skuil al don­kie­ja­re in die wou­de om sy ge­sin te be­skerm en ook uit die kloue van ’n we­ten­skap­li­ke or­ga­ni­sa­sie te bly wat sy DNS vir duis­ter doel­ein­des wil ge­bruik. Tog blyk dit dat A­dam die boos­wig­te nou na Big­foot ge­lei het . . . ■

Die stem­kuns is deur Cin­da A­dams, Bob Bar­len en Cal Brun­ker. Die re­gis­seurs is Je­re­my De­gru­son en Ben S­tas­sen. Ou­er­lei­ding word aan­be­veel. Die rol­prent draai 92 mi­nu­te. O gaats, die groei­py­ne raak nou te erg! A­dam be­sef dat hy die­self­de DNS as die ha­ri­ge mon­ster Big­foot het in Son of Big­foot.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.