Lag ’n slag saam met Tu­mi en vrien­de

Beeld - - Kuns & Vermaak - AJ Op­per­man

Die mo­sie se van wan­troue in pres. Ja­cob Zu­ma dié week sal be­slis deel uit­maak van die ne­ge ko­me­di­an­te Tu­mi and F­riends se skets­ma­te­ri­aal mô­re by Em­per­ors Pa­la­ce aan die Oos-Rand.

Mo­ra­ke sê die pro­duk­sie vier die bes­te werk van haar vrien­de, “die fa­mi­lie wat jy kan kies”.

“Al­mal sal iets te ver­tel­le hê oor wat op die oom­blik in hul kop maal, wat ook al hul­le op die hart het.

“En vir se­ker sluit dit die ge­hei­me stem­me­ry dié week in die par­le­ment in.

“Al­mal skerts na­tuur­lik in ’n se­ke­re tyds­duur, want ons wil die ge­hoor da­rem nie tot ná mid­der­nag nog be­sig hou nie.”

Dié pro­duk­sie, aan­ge­bied deur Blu B­lood, het ’n ne­gen­de ko­me­di­ant by­ge­kry. Hy is G­len Bi­der­man-Pam, wat ’n te­a­ter­stu­dent aan die U­ni­ver­si­teit van Kaap­stad was.

“’n Ver­skei­den­heid ko­me­di­an­te is ge­kies vir die pro­duk­sie,” sê Mo­ra­ke. “Elk­een het ’n an­der styl en daar­om is hul­le deel van die ver­to­ning so­dat elk­een in die ge­hoor te­vre­de sal wees.”

Mo­ra­ke is ook be­kend as ak­tri­se en om­roe­per en is se­dert on­langs me­de­aan­bie­der van Ja­ca­ran­da FM se og­gend­pro­gram B­re­ak­fast with Mar­tin Be­ster and Tu­mi Mo­ra­ke.

“Die tyd sal leer of my loop­baan as uit­saai­er my ko­me­die op die ver­hoog sal be­ïn­vloed. Op ra­dio praat ’n mens baie meer bin­ne per­ke, maar op die ver­hoog het my ge­ho­re al ge­woond ge­raak aan my on­ge­re­di­geer­de me­nings oor se­ke­re sa­ke.”

Be­ne­wens Bi­der­man-Pam tree Alan Com­mit­tie, be­kend vir pro­duk­sies soos De­fen­ding the Ca­veman en Lo­ve Fac­tu­al­ly, mô­re saam met Mo­ra­ke op, as­ook An­gel Cam­pey, Lihle (Lin­d­zy) M­si­mang, Mp­ho Popps, N­du­mi­so Lin­di, Si­fi­so Ne­ne en Tra­cey-Lee O­li­ver.

Die pro­duk­sie het ’n ou­der­dom­perk van 16.

Dit be­gin 20:00 in die T­he­a­t­re of Mar­cel­lus by Em­per­ors Pa­la­ce in Kemp­ton Park.

Kaart­jies kos R150 tot R350. Be­spreek by Com­pu­tic­ket.

Tu­mi Mo­ra­ke

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.