SA in­ter­net is 13 keer sta­di­ger as wê­reld­bes­te

Beeld - - Sake - – Niel Jou­bert

Die ge­mid­del­de spoed van bre­ë­band in Suid­A­fri­ka is 4,36 M­bps, die 80ste vin­nig­ste land ter wê­reld.

Dié slak­ke­gang be­te­ken dit sal

3 uur en 54 mi­nu­te duur om ’n f­liek in hoë de­fi­ni­sie van 7,5 GB groot af te laai, vol­gens da­ta van Ca­ble.co.uk.

Sin­ga­poer is nr. 1 op die lys van 189 lan­de en het ’n ge­mid­del­de spoed van 55,13 M­bps, wat be­te­ken jy kan die­self­de f­liek in slegs 18 mi­nu­te af­laai. Ca­ble.co.uk het meer as 63 mil­joen spoed­toets­te wê­reld­wyd in die 12 maan­de tot en met 10 Mei 2017 ont­leed. S­we­de, Tai­wan, De­ne­mar­ke, Ne­der­land en Let­land is saam met Sin­ga­poer die lan­de met ’n ge­mid­del­de spoed wat vin­ni­ger is as 30 M­bps, die af­sny­punt om as “su­per­vin­nig” ge­klas­si­fi­seer te word, vol­gens B­rit­tan­je se de­par­te­ment van kom­mu­ni­ka­sie (Of­com). In teen­stel­ling daar­mee het 139 lan­de, in­slui­tend Suid­A­fri­ka, ’n spoed on­der 10 M­bps, die mi­ni­mum spoed wat vol­gens Of­com no­dig is om te vol­doen aan die be­hoef­tes van ’n “ti­pie­se” ge­sin.

Fo­to: GALLO IMAGES

Suid­A­fri­ka het re­la­tief sta­di­ge in­ter­net.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.