E­s­kom sluit al hoe meer een­he­de weens krag­oor­skot

Beeld - - Sake - Fran­cois Wil­li­ams

E­s­kom sê nie uit­druk­lik hoe groot sy oor­skot­krag­op­wek­kings­ver­moë tans is nie, maar hy s­ka­kel reeds tot 14 een­he­de van sy ou­er steen­kool­krag­sta­sies na­we­ke af.

Dít blyk uit ’n na­de­re stu­die van die staats­krag­mo­no­po­lie se on­lang­se jaar­ver­slag.

John­ny Dlad­la, waar­ne­men­de hoof van E­s­kom, sê van­weë die nu­we krag­op­wek­kings­ver­moë van die nu­we steen­kool­krag­sta­sies Me­du­pi en Ku­si­le, en die pom­pop­gaar­ske­ma In­gu­la wat by­ge­voeg is, het E­s­kom nou so ’n groot oor­skot dat hy die uit­voer van e­lek­tri­si­teit in die vol­gen­de vyf jaar met 8% per jaar ver­hoog. Hy wil plaas­li­ke ver­ko­pe met 2,1% per jaar ver­hoog.

Se­dert E­s­kom twee jaar ge­le­de laas beurt­krag toe­ge­pas het, is die fo­kus nou daar­op om die oor­skot­krag­op­wek­king te be­stuur om kos­te te spaar.

E­s­kom gaan die Hen­dri­na-, die Groot­vlei- en die Ko­ma­ti­krag­sta­sie in die vol­gen­de d­rie tot vier jaar ty­de­lik sluit.

Hen­dri­na gaan al in die vol­gen­de boek­jaar ge­sluit word, ge­volg deur Groot­vlei in 2019-’20 en Ko­ma­ti in 2020-’21.

E­s­kom s­ka­kel op week­dae reeds 4 tot 6 een­he­de van die ou steen­kool­krag­sta­sies om na wat hy koue re­ser­we noem. Dit is wan­neer die krag­op­wek­kers van die krag­net­werk ont­kop­pel word, maar op kort ken­nis­ge­wing (bin­ne 12 tot 16 uur) weer aan die gang ge­sit kan word. Na­we­ke kan dit uit­ge­brei word tot 14 een­he­de.

Een­he­de van Groot­vlei en Ko­ma­ti is reeds in uit­ge­brei­de koue re­ser­we ge­plaas, wat be­te­ken dat 5 dae no­dig is voor­dat dit weer aan die gang kan kom.

Groot­vlei en Ko­ma­ti is in die 1960’s ge­bou, maar in die 1980’s af­ge­ska­kel weens ’n oor­skot, en toe weer van 2005 tot 2013 aan­ge­ska­kel weens die krag­te­kort.

’n Stu­die van E­s­kom se aan­bo­den vraag­sy­fers wys hy het die af­ge­lo­pe boek­jaar ’n re­ser­we van 22,7% ge­had (as sy no­mi­na­le op­wek­kings­ver­moë ver­ge­lyk word met die spits­vraag in die E­s­kom-stel­sel).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.