Vo­da­com Tan­za­nië be­haal suk­ses met aan­vank­li­ke o­pen­ba­re aan­bod

Beeld - - Sake - – Niel Jou­bert

Vo­da­com het die tei­ken­be­drag van 476 mil­jard Tan­za­nie­se sjie­lings (so­wat $213 mil­joen) in­ge­sa­mel met die aan­vank­li­ke o­pen­ba­re aan­bod van sy af­de­ling in Tan­za­nië.

Dit was die land se groot­ste aan­vank­li­ke o­pen­ba­re aan­bod nog.

Vo­da­com Tan­za­nië het in Fe­bru­a­rie aan­ge­kon­dig dat hy goed­keu­ring ge­kry het van die ka­pi­taal­mark­ en se­ku­ri­tei­te­o­wer­heid in Tan­za­nië om voort te gaan met die uit­rei­king van 560 000 100 aan­de­le teen ’n vas­te prys van 850 sjie­lings per aan­deel.

Dit is so­wat 25% van die uit­ge­reik­te ka­pi­taal van die maat­skap­py.

Die aan­bod was aan­vank­lik slegs vir Tan­za­ni­ërs be­skik­baar, maar ná ver­an­de­rin­ge aan wet­ge­wing kon Vo­da­com Tan­za­nië die aan­bod ook na in­ter­na­si­o­na­le be­leg­gers uit­brei.

Vol­gens die maat­skap­py is 60% van die to­ta­le be­drag van Tan­za­niers in­ge­sa­mel en 40% van in­ter­na­si­o­na­le be­leg­gers.

Die no­te­ring het be­lang­stel­ling by meer as 40 000 plaas­li­ke be­leg­gers ge­wek, sê Vo­da­com.

Die mees­te van hul­le het nog nooit te­vo­re op die aan­de­le­beurs in Dar es Sa­laam be­lê nie en die no­te­ring het dus plaas­li­ke deel­na­me aan die land se aan­de­le­mark ’n hup­stoot ge­gee, sê die maat­skap­py.

Vo­da­com Tan­za­nië sal van 15 Au­gus­tus af op die hoof­bord van die beurs Dar es Sa­laam ge­no­teer wees met die aan­deel­ko­de “Vo­da”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.