SA myn ál min­der PGM’e en goud

Beeld - - Geklassifiseerd - El­vi­ra Wood

Die treur­ma­re in die goud­myn­be­dryf, waar twee myn­maat­skap­pye on­langs ken­nis ge­gee het dat hul­le saam by­kans 16 000 wer­kers uit diens gaan stel, duur voort.

In Ju­nie het pro­duk­sie vir die vyf­de op­een­vol­gen­de maand op ’n jaar­grond­slag ge­daal.

Sta­tis­tie­ke Suid­A­fri­ka (SSA) het gis­ter aan­ge­kon­dig in Ju­nie is 3,6% min­der goud ge­le­wer as in Ju­nie 2016. Dit volg op jaar­da­lings in Mei (3%), A­pril (3%), Maart (8,9%) en Fe­bru­a­rie (16,8%).

Si­ba­nye en Ang­loGold As­han­ti sê hul­le moet hul ar­beids­mag ver­klein om die vol­hou­baar­heid van hul be­dry­wig­he­de op lang ter­myn te be­skerm.

Si­ba­nye sê hy sal moont­lik 7 400 wer­kers by sy Be­a­trix­We­sen Cooke­myn uit diens moet stel. Ang­loGold As­han­ti wil sy Sa­vu­ka­en Ko­pa­nang­myn sluit en sal in die pro­ses tot 8 500 wer­kers uit diens moet stel.

Dit is wel nie net goud­my­ne wat in Ju­nie ge­suk­kel het nie. SSA se sy­fers toon myn­bou­pro­duk­sie was in die al­ge­meen 0,8% la­er as in Ju­nie ver­le­de jaar.

Al­ge­he­le pro­duk­sie is ver­al af­ge­rem deur ’n 13,7%­af­na­me in die pro­duk­sie van die pla­ti­num­groep­me­ta­le (PGM’e). Dit is die der­de op­een­vol­gen­de maand dat dié sek­tor op ’n jaar­grond­slag in­krimp. Selfs die pro­duk­sie van ys­ter­erts het vir die eer­ste keer van­jaar op ’n jaar­grond­slag met 4,4% ge­daal.

Di­a­mant­pro­duk­sie, wat met 59% ver­be­ter het, het ge­help om die al­ge­he­le da­ling teen te werk.

Op ’n maand­grond­slag was al­ge­he­le myn­bou­pro­duk­sie in Ju­nie 2,6% swak­ker. Pro­duk­sie het wel in die twee­de kwar­taal van die jaar met 0,6% teen­oor die eer­ste ver­be­ter.

SSA het ook die ver­koop­sy­fers vir Mei be­kend ge­maak. Dit het op ’n jaar­grond­slag met 5,9% ge­daal en op ’n maand­grond­slag met 1,4% toe­ge­neem.

Suid­A­fri­ka het in Mei R35,77 mil­jard se mi­ne­ra­le ver­koop en in A­pril R34,18 mil­jard s’n.

In­ves­tec sê die on­se­ker­heid oor die her­sie­ne weer­ga­we van die Myn­bou­hand­ves, wat in Ju­nie ge­pu­bli­seer is, kan be­leg­gers se sen­ti­ment oor die sek­tor on­der­druk, wat weer ’n im­pak op ka­pi­taal­uit­ga­wes en in­diens­ne­ming sal hê.

Fo­to: BLOOMBERG

’n Goud­staaf word ge­giet. Pro­duk­sie bly krimp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.