Ka­roo­plaas per ten­der ver­koop

Beeld - - Veilings -

An­tjies­fon­tein, ’n wild- en jag­plaas in die Groot- Ka­roo, word in Sep­tem­ber per s­til­le ten­der deur BKB Eien­dom­me ver­koop.

Dié plaas van

4 037 ha nes­tel tus­sen Beau­fort-Wes en Prins Al­bert en kyk uit oor die man­ji­fie­ke Swart­ber­ge.

Die in­fra­struk­tuur op die plaas is oor die af­ge­lo­pe tien jaar ont­wik­kel.

Daar is ’n wild­hei­ning van 2,4 m en een van 1,8 m om die ei­en­dom en die wild­le­we te be­skerm.

Daar is ook ’n nu­we mo­der­ne he­re­huis wat in 2016 ge­bou is met top­ge­hal­te-af­wer­king.

Ver­der is daar twee stoor­ka­mers, ’n bil­tong­ka­mer, ’n slag­ka­mer, ’n koel­ka­mer en twee kot­hui­se vir wer­kers.

Die ei­en­dom het vol­doen­de wa­ter en ’n groot ver­skei­den­heid wild. Die plaas word as ’n lo­pen­de saak saam met al die wild, roe­ren­de ba­tes en meu­bels ver­koop.

Prins Al­bert is ’n k­lein, maar be­ken­de dor­pie aan die voet­heu­wels van die Swart­ber­ge. Dit is om­ring deur win­ger­de en o­lyf- en vrug­te­boor­de. Die na­by­ge­leë Swart­berg­pas is een van die skou­spel­ag­tig­ste pas­se in die land.

Wil­lie van Rens­burg van BKB Eien­dom­me sê die streek is ge­wild om tal­le re­des en hoe­wel dit in die Groot-Ka­roo is, is dit min­der as vyf ure se ry van Kaap­stad af. Hy sê die plaas bied ’n fan­tas­tie­se leef­styl met uit­ste­ken­de ver­blyf en ’n baie goeie sa­ke­ge­leent­heid met vol­op wild.

Die plaas kan slegs per af­spraak be­sig­tig word. Ten­der­do­ku­men­te is be­skik­baar by BKB Eien­dom­me, Ce­ci­li­a­straat 100, Paarl. Die fi­na­le da­tum om aan­bie­dings in te dien, is Vry­dag 22 Sep­tem­ber om 12:00. Die ten­ders word die­self­de dag om 12:15 oop­ge­maak.

Vir meer in­lig­ting kon­tak Al­bie Loub­ser of Wil­lie van Rens­burg by on­der­skei­de­lik 082 573 9902 of 083 261 7641 of be­soek www.bkb.co.za.

Die nu­we mo­der­ne he­re­huis op die wild­ en jag­plaas tus­sen Beau­fort­Wes en Prins Al­bert in die Groot Ka­roo word per ten­der ver­koop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.