Kry ’n plaas in M­pu­ma­lan­ga

Beeld - - Veilings -

’n Saai- en wei­dings­plaas van 156 ha tus­sen Groot­vlei en Bal­four in M­pu­ma­lan­ga word op 17 Au­gus­tus deur Van’s Aucti­o­neers op­ge­veil.

Dié plaas na­by aan E­s­kom se Groot­vlei-krag­sta­sie, het so­wat 100 ha na­tuur­li­ke wei­ding wat in twee kam­pe ver­deel is en so­wat 50 ha se saai­lan­de.

Die plaas het vier boor­ga­te met s­terk wa­ter, waar­van een ten vol­le toe­ge­rus is, as­ook ’n wa­ter­pan.

Die an­der ver­be­te­rings sluit in ’n drie­slaap­ka­mer-ge­sins­huis, ’n mo­tor­huis met plek vir vier voer­tuie, twee ron­da­wels, ’n stoor van on­ge­veer 150 m², ’n werks­win­kel van 30 m², ’n mel­ke­ry en an­der bui­te­ge­boue.

Die hei­nings is in ’n goeie toe­stand en die huis­a­rea is met ’n e­lek­trie­se hei­ning om­hein.

Die vei­ling word op 17 Au­gus­tus om 11:00 op die plaas ge­hou.

Vir meer in­lig­ting en aan­wy­sings, kan be­lang­stel­len­de ko­pers vir Van’s Aucti­o­neers by

086 111 8267 bel. Be­soek ook die groep se web­werf, sy Fa­ce­book­blad of an­der so­si­a­le me­dia.

Die saai­lan­de op die plaas tus­sen Groot­vlei en Bal­four in M­pu­ma­lan­ga, wat op­ge­veil gaan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.