On­ge­wo­ne stuk­ke vir ver­sa­me­laar

In­te­res­sant, skaars en an­tiek hier te sien

Beeld - - Veilings - Ge­r­ard Se­ko­to se

Ber­nar­di Af­sla­ers bied op Sa­ter­dag 12 Au­gus­tus ’n vei­ling aan van Suid-A­fri­kaan­se kuns en beeld­hou­werk, goue en sil­wer mun­te, sil­wer, Eu­ro­pe­se en Kaap­se meu­bels en kom­buis­ar­ti­kels.

Die vei­ling be­gin 10:00 met mun­te en en­ke­le ju­weel­stuk­ke. Die mun­te sluit in ’n se­ël­re­pli­kas­tel, die be­leg van Ma­fe­king en die Nel­son Man­de­la SA Rug­by 2011-stel, as­ook ’n skaars S­wit­ser­se munt uit 1897 en ’n ZAR 1896half­pond.

Die twee­de ses­sie be­gin met ge­waar­merk­te sil­wer, soos twee Pe­ru­vi­aan­se kers­hou­ers en ’n vier­stuk­tee-en-kof­fie­stel, as­ook ’n laat­Vic­to­ri­aan­se ont­byt­skot­tel met dek­sel.

Die meu­bels sluit in ’n hoek­kas, ’n buf­fet deur Gur­ney’s van Eloff­straat en twee art de­co-drank­ka­bi­net­te.

Daar is ook ’n on­ge­wo­ne ver­sa­me­ling van ko­per- en brons­kom­buis­wa­re, on­der meer ka­strol­le, ’n brons­kon­foor­tjie deur Sa­mu­el Wal­ters van Mal­mes­bu­ry en brons­be­kers.

Die ses­sie sluit af met ’n an­tie­ke Af­gaan­se Ers­a­ri-Da­li-ta­pyt, ’n skaars The Cor­re­spon­dent-tik­ma- sjien uit die 1920’s en ’n in­te­res­san­te ver­sa­me­ling Bar­clays Bank-ge­denk­waar­dig­he­de.

Die kuns­ses­sie be­gin met Keith A­lex­an­der se aan­gry­pen­de South West A­fri­can Rocky Lands­ca­pe ge­volg deur Ray­mond Andrews se K­re­me­tart­boom. Daar is ook ’n wa­ter­verf­werk deur J.H. Pier­neef van Gol­den Ga­te in die Vry­staat.

Daar is ook wer­ke van die mees­ters, soos Wal­ter Bat­tiss, Bet­tie Cil­liers-Bar­nard, Zak­kie Eloff, Tit­ta Fas­ci­ot­ti, Ge­r­ard Se­ko­to, Mau­de Sum­ner en J.A.E. Vol­schenk.

Die kuns­te­naar Ju­dith Ma­son se boek, A Dan­te Be­s­ti­a­ry, is ’n hoog­te­punt op die vei­ling. Dit is een van slegs tien ek­sem­pla­re wat nie ge­bind is nie en is ge­te­ken met ’n in­skrip­sie deur die kuns­te­naar.

In­te­res­san­te kon­tem­po­rê­re wer­ke sluit in Pro­gres­si­on of the Hu­man S­pi­rit, ’n beeld­hou­werk deur die Zim­bab­wie­se kuns­te­naar Jo­seph Mu­zon­do en ’n ge­kerf­de hout­pa­neel ge­ti­teld Birth deur Roy N­di­ni­sa van P­re­to­ria.

Daar is ook twee o­lie­verf­wer­ke van Hen­nie Nie­mann, twee vroeë o­lie­verf­wer­ke van Keith Jou­bert en ’n k­lein brons­beeld, Nooi­en­tjie van die on­der­dorp, deur An­gus Tay­lor.

Daar sal ook en­ke­le kuns­na­slaan­wer­ke op die vei­ling be­skik­baar wees.

Die vei­ling be­gin 10:00, die twee­de ses­sie 11:30 en die laas­te ses­sie 13:00.

Die i­tems kan by T­hom­son­straat 65, Col­byn, P­re­to­ria, be­sig­tig word. Vir meer in­lig­ting, s­ka­kel 012 342 3634 of be­soek www.ber­nar­diaucti­o­neers.co.za.

‘‘

Daar is ook ’n on­ge­wo­ne ver­sa­me­ling van ko­per­ en brons­kom­buis­wa­re, on­der meer ka­strol­le en ’n kon­foor­tjie.

Por­trait of a Young Man.

Keith A­lex­an­der se aan­gry­pen­de South West A­fri­can Rocky Lands­ca­pe, wat op 12 Au­gus­tus deur Ber­nar­di Aucti­o­neers op­ge­veil gaan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.