Mo­tor­fiet­se met sy­span­ne op­ge­veil

Beeld - - Veilings -

’n Ver­sa­me­ling u­nie­ke en fas­si­ne­ren­de mo­tor­fiet­se en voer­tuie van die en­toe­si­as Bill Ward word op 2 Sep­tem­ber deur die klas­sie­ke mo­tor­spe­si­a­lis H&H Clas­si­cs by die na­si­o­na­le mo­tor­fiets­mu­seum in En­ge­land op­ge­veil.

Dié ver­sa­me­ling is oor d­rie de­ka­des met pas­sie by­me­kaar­ge­maak en die mees­te van die fiet­se is met sy­span­ne toe­ge­rus.

Ward sê die mo­tor­fiets- en sy­span-kom­bi­na­sies was nog al­tyd sy guns­te­ling en toe hy jonk was het hy graag met sy vrou en ba­ba­dog­ter as pas­sa­siers rond­ge­rits.

’n Mo­tor­fiets wat be­slis die kop­pe gaan laat draai, is ’n 1962-Pant­her Mo­del 120 Com­bi­na­ti­on met ’n Watso­ni­an- sy­span vir twee pas­sa­siers. Dit is ’n ou­er re­stou­ra­sie en in ’n wer­ken­de toe­stand. H&H ver­wag dat dit vir tus­sen £5 000 en £7 000 gaan ver­koop.

Nog ’n op­val­len­de i­tem in die ver­sa­me­ling is ’n sjar­man­te blou-en-wit-1936-Nim­bus Mo­del C Sport, wat na ver­wag­ting vir tus­sen £7 000 en £9 000 gaan ver­koop. Dit is on­ge­re­stou­reerd en oor­spronk­lik en het ’n Ben­der-sy­span vir ’n pas­sa­sier.

Dan is daar ’n voor­ma­li­ge Hol­land­se po­li­sie-mo­tor­fiets, ’n wit 1961-BMW R69S, wat tus­sen £15 000 en £17 000 gaan haal. Dit is ’n ou­er re­stou­ra­sie, in ’n wer­ken­de toe­stand en met ’n S­teib-sy­span.

Dit is tus­sen 1961 en 1971 deur die Hol­land­se po­li­sie ge­bruik en het steeds die oor­spronk­li­ke sluit­kis­sies.

’n Nos­tal­gie­se voer­tuig is ’n blou 1936-Aus­tin Se­ven Pe­arl Ca­bri­o­let, wat vir tus­sen £4 000 en £6 000 gaan ver­koop.

Dié voer­tuig is vir 30 jaar deur Ward be­sit, voor­dat hy dit met die hulp van ’n vriend ge­re­stou­reer het. Dit is in ’n wer­ken­de toe­stand.

Fo­to’s: H&H Clas­si­cs

Die ui­ters on­ge­wo­ne 1962­Pant­her Mo­del 120 Com­bi­na­ti­on met ’n sy­span vir twee pas­sa­siers.

Daar word tus­sen £7 000 en £9 000 vir die sjar­man­te 1936Nim­bus Mo­del C Sport ver­wag.

’n 1961­BMW R69S, ’n voor­ma­li­ge Hol­land­se po­li­sie­fiets met sy oor­spronk­li­ke sluit­kis­sies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.