Aspi­re Art hou eer­ste aan­lyn­vei­ling

Beeld - - Veilings -

Aspi­re Art gaan van 28 Au­gus­tus tot 4 Sep­tem­ber sy eer­ste aan­lyn­vei­ling van his­to­rie­se, mo­der­ne en kon­tem­po­rê­re kuns hou.

Die aan­lyn-plat­form vir kuns­ver­ko­pe het die laas­te paar jaar wê­reld­wyd toe­ne­mend ge­wil­der ge­raak. Vol­gens die Hiscox On­li­ne Art Tra­de Re­port het aan­lyn­kuns­ver­ko­pe in 2016 tot $3,75 mil­jard toe­ge­neem, 15% ho­ër as in 2015. Dit bring die aan­lyn­kuns­mark se aan­deel van die to­ta­le kuns­mark op 8,4% te staan, ho­ër as die 7,4% in 2015.

Aspi­re se aan­lyn­vei­ling gaan op die In­va­lu­a­ble.com-plat­form ge­hou word. In­va­lu­a­ble.com is Aspi­re se glo­ba­le-aan­lyn-ven­noot, wat meer as 3 mil­joen maan­de­lik­se be­soe­kers lok.

’n Wye ver­skei­den­heid wer­ke van SuidA­fri­kaan­se kuns­te­naars gaan on­der die ha­mer kom. Dit sluit in Mar­jo­rie Wal­la­ce se G­reek S­hep­her­dess S­pin­ning en Paul S­top­forth se The In­ter­ro­ga­tor.

Wer­ke van Sam Nhlen­gethwa, Ro­bert Hod­gins en Chris­to Coet­zee gaan ook op­ge­veil word. Vol­gens Aspi­re sal die vei­ling aan­lok­lik wees vir so­wel die ge­sou­te as nu­we kuns­ver­sa­me­laars.

Meld tus­sen 28 Au­gus­tus en 4 Sep­tem­ber by In­va­lu­a­ble.com aan om die wer­ke wat te koop is, te be­sig­tig en om as ’n bie­ër te re­gis­treer.

‘‘ Aan­lyn­kuns­ver­ko­pe het in 2016 tot $3,75 mil­jard toe­neem, 15% ho­ër as in 2015.

— HISCOX

’n Deel van Paul S­top­forth se The In­ter­ro­ga­tor, een van die wer­ke wat te koop gaan wees op Aspi­re Art se aan­lyn­vei­ling.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.