Vrag­mo­tors, sleep­wa­ens lok vol saal

Beeld - - Veilings -

Park Vil­la­ge Aucti­ons (PVA) se vrag­mo­tor- en sleep­wa-vei­ling op 4 Au­gus­tus het ’n stamp­vol saal ge­lok, ’n aan­dui­ding van ’n po­si­tie­we land­bou­sen­ti­ment, sê PVA se LeRoy Au­gus­tyn.

Hy sê fan­tas­tie­se pry­se is vir plaas­toe­rus­ting be­haal, ’n te­ken dat boe­re be­wus is van die waar­de vir geld wat vei­lings bied en dat hul­le die ver­ko­pings be­skou as ’n vol­hou­ba­re ma­nier om in hul pla­se te her­in­ves­teer.

Van die noe­mens­waar­di­ge ver­ko­pe op die vei­ling sluit in ’n 2013-Volks­wa­gen-val­kant­vrag­mo­tor met ’n hys­kraan wat R860 000 ge­haal het en ’n 2014UD GW26-140-voor­span­mo­tor wat vir R500 000 ver­koop is. Ook het ’n 2005-Toyo­ta-drie­ton-vurk­hy­ser R90 000 ge­haal en ’n 2013Lan­di­ni Techno­farm R-60-trek­ker R165 000.

Au­gus­tyn sê dié re­sul­ta­te strook met die sy­fers in die jong­ste ver­slag van die SuidA­fri­kaan­se land­bou­ma­sji­ne­rie­ver­e­ni­ging (Saama) waar­vol­gens trek­ker­ver­ko­pe in Ju­lie 11% meer as in Ju­lie ver­le­de jaar was.

Hy ver­wag dat trek­ker­ver­ko­pe in die ko­men­de maan­de be­sten­dig sal bly na­ma­te ko­pers voor­be­rei vir die 2017plant­sei­soen, wat in Ok­to­ber be­gin.

PVA se vol­gen­de vrag­mo­toren sleep­wa­vei­ling word op 14 Sep­tem­ber om 10:30 ge­hou. Vir vei­ling­ver­wan­te in­lig­ting s­ka­kel PVA by 011 789 4375.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.