Kings staan bak­hand by Leeus

Druk op u­nies word ál gro­ter, sê S­tra­eu­li

Beeld - - Veilings - Chris­to Bu­ch­ner

Die Sout­hern Kings het ’n ver­soek aan die Goue Leeus Rug­by­u­nie ge­rig dat ’n aan­tal Leeus-spe­lers aan dié Oos-Kaap­se rug­by­span ge­leen word vir sy deel­na­me aan die Eu­ro­pe­se Pro14-reeks.

Só het die Leeus se uit­voe­ren­de hoof, Ru­dolf S­tra­eu­li, gis­ter by na­vraag be­ves­tig.

Na ver­neem word, wil die Kings tot ne­ge spe­lers van die Leeus hê, maar die ver­wag­ting is dat so vyf aan hul­le be­skik­baar ge­stel sal word.

S­tra­eu­li het dit dui­de­lik ge­maak dat dit nou ’n tyd is waar­in u­nies mooi sal moet be­sin oor hul toe­koms en dat dit vir die Leeus be­lang­rik is om hul bes­te jong spe­lers te hou en hul­self nie in die voet te skiet deur van hul top-ta­lent te laat gaan nie.

“Daar is nou baie druk van al­le kan­te, want spe­lers wat twee­de of der­de bes­te in hul po­si­sies is, word nou deur an­der u­nies ge­jaag en be­loof dat hul­le in in­ter­na­si­o­na­le toer­nooie sal kan speel.

“Daar is dus tal­le ver­soe­ke van sul­ke spe­lers en hul a­gen­te om vry­ge­stel te word van hul kon­trak­te, maar ons moet om­sien na ons eie diep­te en kan dus nie som­mer net vol­doen aan el­ke ver­soek wat ons kry om spe­lers vry te stel nie,” sê hy.

S­tra­eu­li sê die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru) sal ’n plan moet maak met al die toer­nooie wat so oor­vleu­el.

“Dit is ’n si­tu­a­sie wat so gou moont­lik op­ge­klaar moet word, want die Cur­rie­be­ker­reeks kan nie ge­speel word ter­wyl Su­per­rug­by en an­der nu­we reek­se waar­in span­ne gaan speel nog aan die gang is nie.

“Dit is ’n baie on­ge­son­de si­tu­a­sie en iets wat glad nie goed is vir die u­nies, bor­ge, af­rig­ters en spe­lers nie,” het S­tra­eu­li ge­sê.

Hy het ook be­ves­tig dat Ru­an Ac­ker­mann nog nie amp­te­lik toe­stem­ming ge­gee is hom by sy pa, Jo­han, by die En­gel­se klub Glou­ces­ter aan te sluit nie.

“Geen do­ku­ment is nog on­der­te­ken nie en in hier­die sta­di­um is hy nog by ons ge­kon­trak­teer. Daar sal eers la­ter dui­de­lik­heid oor sy si­tu­a­sie wees.”

Ac­ker­mann sr. het Don­der­dag by sy nu­we werk­ge­wer in En­ge­land be­gin en uit ’n ge­sins­oog­punt wil hy hê dat Ru­an, wat vir die Leeus as los­voor­spe­ler diens ge­doen het in die Su­per­reeks, by hom aan­sluit. ’n Vraag­te­ken hang eg­ter oor wan­neer en hoe die Leeus hom sal vry­stel van sy kon­trak.

Glou­ces­ter sal waar­skyn­lik ’n be­drag moet be­taal om Ac­ker­mann jr. vroe­ër van sy kon­trak vry­ge­stel te kry.

Fo­to: GALLO IMAGES

Jo­hann Ac­ker­mann (regs) en sy seun Ru­an (links) het reeds by Glou­ces­ter in En­ge­land aan­ge­meld. Die vraag is nou of Ru­an toe­ge­laat sal word om voor die ein­de van die Cur­rie­be­ker­reeks vir die En­gel­se span te be­gin speel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.