S­wys wil nie wiel her­ont­werp by Leeus

Beeld - - Veilings - Chris­to Bu­ch­ner Leeus:

Dit sal baie dom wees om nou die huis wat hul­le so sorg­vul­dig op­ge­bou het, s­kie­lik te wil af­breek en van nuuts af op te bou.

Daar­om sê S­wys de Bruin, die nu­we hoof­af­rig­ter van die Leeus se rug­by­span, sal daar net hier en daar ’n paar ver­be­te­rings aan­ge­bring word, son­der om aan die ka­rak­ter van die Leeus se wo­ning te ver­an­der.

“Die Cur­rie­be­ker-reeks is steeds baie be­lang­rik vir ons en ons be­na­der dit met groot erns. Ons kom as nu­we af­rig­ting­span in die toer­nooi in met ’n ag­ter­stand, maar ons gaan nie druk op ons­self plaas nie en net aan­hou om die soort rug­by te speel wat die Leeus se han­dels­merk ge­ves­tig het,” sê hy.

De Bruin het dit weer be­na­druk dat hy baie dank­baar is vir die ver­troue wat die be­stuur in hom ge­stel het om by Jo­han Ac­ker­mann oor te neem as hoof­af­rig­ter.

“Ons taak is om nu­we ster­re te help ont­wik­kel in die Cur­rie­be­ker-reeks, maar ook om kon­ti­nu­ï­teit te be­hou met van die ge­ves­tig­de spe­lers,” vertel hy.

De Bruin het met die eer­ste span wat hy ge­kies het as die nu­we hoof­af­rig­ter, die S­pring­bok-sen­ter Ro­han Jan­se van Rens­burg te­rug in die mid­del­veld vir Sa­ter­dag­aand se stryd teen die Haaie op El­lis­park.

Die stut­te wat op die plaas­ver­van­ger­bank was in die Su­per-eind­stryd die af­ge­lo­pe na­week, Cor­né Fou­rie en Jo­han­nes Jon­ker, be­gin ook teen die Haaie.

Nog twee spe­lers wat die plaas­ver­van­ger­bank help warm hou het teen die Cru­sa­ders, die flank Cy­le B­rink en die heel­ag­ter Syl­vi­an Ma­hu­za, is ook in die be­gin­span.

Su­per-spe­lers wat De Bruin van­dees­week ’n rus­kans gee, is Ha­rold Vor­ster, Li­o­nel Ma­poe, Ja­c­ques van Rooy­en, Ru­an D­rey­er, An­dries Fer­rei­ra en K­wag­ga S­mith, wat die vol­gen­de maand uit ak­sie is weens sy skor­sing. Ma­poe ver­trek ook bin­ne­kort na Ja­pan en sal dan die res van die Cur­rie­be­ker­reeks mis­loop.

Jaco van der Walt is as los­ska­kel in­ge­span, met S­haun Reynolds, wat tot dus­ver die nr. 10-trui ge­dra het, wat die laas­te paar wed­stry­de nie aan die ver­wag­tin­ge vol­doen het nie.

De Bruin sê die Haaie hou ’n groot be­drei­ging in en dat hul­le die voor­deel het dat hul­le ’n ge­ves­tig­de span is wat met groot­liks hul Su­per­span speel.

In die ver­le­de is daar al be­skul­di­gen­de vin­gers na die Leeus ge­wys oor hul trans­for­ma­sie, maar tien van die 22 spe­lers in hier­die groep is spe­lers van kleur.

■ Syl­vi­an Ma­hu­za, Ma­dosh Tamb­we, Ja­c­ques Nel, Ro­han Jan­se van Rens­burg, An­tho­ny Vol­mink, Jaco van der Walt, Dil­lon S­mit, Ry­an Kan­kow­ski (k), Fa­bi­an Booy­sen, Cy­le B­rink, Mar­vin O­rie, Ro­bert Kru­ger, Jo­han­nes Jon­ker, Rob­bie Coet­zee, Cor­né Fou­rie. PLAASVERVANGERS: Mi­cha­el Wil­lem­se, Sti Sit­ho­le, Bob­by de Wee, Ha­cji­vah Dayi­ma­ni, Mar­co Jan­se van Vu­ren, Siya Ma­su­ku, Aphi­we Dy­an­tyi.

Fo­to: GALLO IMAGES

Ro­han Jan­se van Rens­burg, wat deur die S­pring­bok­keur­ders oor die hoof ge­sien is vir die Rug­by­kam­pi­oen­skap, sal Sa­ter­dag die Leeus se mid­del­veld in die Cur­rie­be­ker­wed­stryd teen die Haaie be­man .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.