Ho­kaai met guns­te­ling­e­ti­ket, sê Ro­bert

Beeld - - Veilings - Ti­nus van S­ta­den

Die span wat die goue mid­de­weg tus­sen rots­vas­te ver­de­di­ging en puik aan­val­len­de spel vind, gaan van­jaar die Cur­rie­be­ker-reeks wen.

Só het Nol­lis Ma­rais, die Blou Bul­le se af­rig­ter, Woens­dag­aand ná sy span se ne­der­laag met 20-28 teen die Haaie op Lof­tus Vers­feld ge­sê.

As Ma­rais se voor­spel­ling ge­glo kan word, be­hoort die Haaie be­slis een van die vroeë aan­spraak­ma­kers op die ti­tel te wees.

Dié span het in sy laas­te d­rie wed­stry­de 14 drieë ge­druk en slegs twee af­ge­staan.

Dít staan in skril­le kon­tras met die ten­dens van an­der span­ne in die kom­pe­ti­sie wat ’n veel gro­ter pre­mie op aan­val­len­de as ver­de­di­gen­de spel plaas.

Ro­bert du Preez, Ma­rais se e­we­knie by die Haaie, wou eg­ter nie sy span as ’n vroeë guns­te­ling be­stem­pel nie.

“Ons be­na­der el­ke wed­stryd op sy eie me­rie­te. Ons dink be­slis nie nou al aan ’n eind­stryd nie.

“Ons wil net daar­op fo­kus om ons pro­ses­se reg te kry en om goeie mo­men­tum op te bou,” sê Du Preez.

“Ons het ’n baie ta­lent­vol­le span. Ek dink hoe meer die ou­ens saam speel, hoe be­ter gaan ons word. Dis waar­aan ons nou werk.

“Ons kyk nie te ver die toe­koms in nie,” sê hy.

Hoe­wel sy span meer as 40 duik­slae teen die Blou Bul­le ver­brou het, het hy steeds net twee drieë af­ge­staan.

Dít is straks ’n be­wys van hoe goed die Haaie skar­rel om te­rug te val wan­neer hul ver­de­di­gings­li­nie oop­ge­kloof word.

‘‘

Ons het ’n baie ta­lent­vol­le span. Ek dink hoe meer die ou­ens saam speel, hoe be­ter gaan ons word. Dis waar­aan ons nou werk.

— RO­BERT DU PREEZ, DIE HAAIE SE AF­RIG­TER

Daar­be­ne­wens het die span vier puik drieë ge­druk en die Lig­blou­es stryk­deur op hul to­ne ge­hou met uit­ste­ken­de fa­se­spel.

“Ons is ’n goeie span wan­neer ons die ba­sie­se din­ge reg doen en nie té fan­cy pro­beer wees nie.

“Ons het (Woens­dag­aand) met tye uit­ste­ken­de rug­by ge­speel en goeie fa­ses van sta­pel ge­stuur.

“Ek is baie te­vre­de met hoe sa­ke so­ver vir ons ver­loop het.”

Die Haaie kom mô­re teen die Goue Leeus op El­lis­park te staan. Die laas­te keer toe die Dur­ba­nie­te in Jo­han­nes­burg ge­speel het, het hul­le na­el­skraap teen die Leeus in die Su­per­rug­by-kwart­eind­ron­de ver­loor.

“Dis ’n groot wraak­stryd vir ons,” het Du Preez ge­skerts.

“Nee, dit is ’n nu­we wed­stryd, dit is al­tyd moei­lik op El­lis­park. Ons sien uit daar­na,” sê hy.

Die Haaie se be­gin­span vir die stryd teen die Leeus is:

Garth A­pril, Od­wa N­dun­ga­ne, Luk­ha­nyo Am, Ma­ri­us Louw, S’bu­si­so N­ko­si, Ben­hard Jan­se van Rens­burg, Ca­me­ron W­rig­ht, Te­ra M­tem­bu, Ja­c­ques Ver­meu­len, Kee­gan Da­niel, Ru­an Bo­tha (k), Ty­ler Paul, Ross Gel­den­huys, Fran­co Ma­rais, T­ho­mas du Toit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.