S­treep­truie moet hul keer teen Bul­le ken, sê Dob­son

Beeld - - Veilings -

Dit voel nou al soos ’n leef­tyd ge­le­de dat ver­de­di­ging die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie en S­tor­mers se groot­ste bron van trots was.

Van­jaar is dit on­ge­twy­feld hul groot­ste bron van kom­mer. Die S­tor­mers het in die Su­per­rug­by­reeks in 15 li­ga­wed­stry­de 61 drieë af­ge­staan en die WP in d­rie Cur­rie­be­ker­krag­me­tings tot dus­ver reeds 12.

Dis ’n ge­mid­deld van vier per wed­stryd en die S­treep­truie se af­rig­ter, John Dob­son, be­sef die bloe­ding moet stop wan­neer daar mô­re met die Blou Bul­le op Nu­we­land krag­te ge­meet word.

“Ons ge­brek aan fi­sie­ke in­ten­si­teit op die ver­de­di­ging was die groot­ste pro­bleem in Woens­dag se ne­der­laag teen G­rie­kwas.”

Die toe­voe­ging van ’n bin­ne­sen­ter met toet­s­er­va­ring in die mid­del­veld, Huw Jo­nes, kan straks help om die WP se keer­werk ag­ter­langs be­ter te or­ga­ni­seer.

Nie­te­min is dit ook ’n saak van toe­wy­ding.

Ter­wyl G­rie­kwas lof ver­dien vir hul aan­val­len­de spel Woens­dag, was hul drieë ewe veel die toe­doen van die WP se swak lak­werk.

“Dis ’n saak van per­soon­li­ke trots; nie iets wat met ons ver­de­di­ging­ struk­tuur ge­skort het nie,” sê Dob­son.

Chris van Zyl, die WP se kap­tein, het sy af­rig­ter se woor­de be­aam.

“As kap­tein voel ek ver­ant­woor­de­lik vir hoe ons die pad bys­ter ge­raak het teen G­rie­kwas.

“Ek kan eg­ter nie ou­ens dwing om hul duik­slae uit te voer nie. Daar is geen ver­de­di­ging­stel­sel wat sal werk as ou­ens duik­slae ver­brou nie,” sê Van Zyl.

Be­ne­wens Jo­nes is die ha­ker in die WP wat die bal die bes­te by die lyn­sta­ne in­gooi, S­car­ra N­tu­be­ni, ook in die be­gin­span.

Da­mi­an Wil­lem­se, wat ter wil­le van ’n bie­tjie rus ’n plaas­ver­van­ger was, is eg­ter die WP se voor­keur­los­ska­kel en ge­volg­lik in die be­gin­span.

­ S­te­phen Nell

■ SP Ma­rais, Se­a­be­lo Se­nat­la, EW Vil­joen, Huw Jo­nes, B­jorn Bas­son, Da­mi­an Wil­lem­se, Ja­no Ver­maak, Ni­zaam Carr, Riem­pies van Dyk, Jaco Coet­zee, JD S­chic­ker­ling, Chris van Zyl (k), Wil­co Louw, S­car­ra N­tu­be­ni, JC Jan­se van Rens­burg. PLAASVERVANGERS: Ra­mo­ne Sa­mu­els, Mi­cha­el Kum­bi­rai, Ed­die Zand­berg, S­te­ph de Wit, Jus­tin P­hil­lips, Kurt Co­le­man, Dan K­riel.

Die WP se span is:

Fo­to: GALLO IMAGES

S­car­ra N­tu­be­ni sal die S­treep­truie se nr. 2­trui dra in die Cur­rie­be­ker­stryd teen die Blou Bul­le op Nu­we­land.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.