SA S­ko­le­span wil weer skoon­skip maak

Ons hou van druk, sê kap­tein

Beeld - - Veilings - Fran­cois de Wet

Tra­vis Gor­don, kap­tein van van­jaar se Suid-A­fri­kaan­se S­ko­le­rug­by­span, sien uit na nog ’n se­ge­tog in hul in­ter­na­si­o­na­le vier­hoe­ki­ge reeks teen o.19-span­ne van Eu­ro­pa.

Die SA S­ko­le­span kom weer teen Wallis, Frank­ryk en En­ge­land in dié reeks te staan, met die eer­ste dag se wed­stry­de wat van­dag op Paul Roos Gim­na­si­um se Mar­kot­ter-veld in S­tel­len­bosch be­slis word.

En­ge­land en Frank­ryk pak me­kaar om 14:15 in die eer­ste wed­stryd op Mar­kot­ter, met die SA S­ko­le­span wat om 16:00 met Wallis krag­te meet.

Al­bei wed­stry­de word reg­streeks op Su­perS­port 1 uit­ge­saai.

In die vo­ri­ge twee reek­se het die SA S­ko­le­span al d­rie hul ont­moe­tings teen Wallis, Frank­ryk en En­ge­land ge­wen.

Gor­don, wat van­jaar die Goue Leeus aan­ge­voer het tot die nie­amp­te­li­ke kam­pi­oe­ne van die o.18 Cra­ven­week, sê dié se­ge­tog moet voort­ge­sit word as die reeks e­nig­sins as ’n suk­ses be­skou wil word.

Mak­lik, sê Gor­don, gaan dit eg­ter nie wees nie.

“Om te ver­mag wat die vo­ri­ge twee ja­re se span­ne be­reik het, kom met druk,” sê Gor­don.

“Ons is eg­ter ’n span ou­ens wat van druk hou en daar is ’n ge­loof in hier­die groep dat ons al d­rie ons wed­stry­de kan wen,” meen hy.

“Ons is ’n groep spe­lers wat hoë stan­daar­de vir ons­self wil stel en ek glo die spe­lers het reeds in voor­be­rei­ding vir die d­rie krag­me­tings ge­wys hul­le is aan­pas­baar on­der druk­si­tu­a­sies.”

Ge­meet aan Gor­don se self­ver­troue is dit ge­rus­stel­lend om te weet dat Lan­ce Sen­din, SA Sko­le-af­rig­ter, be­slis raak­ge­vat het met die aan­stel­ling van die jong maan­haar as lei­er vir van­jaar se reeks.

Sen­din is ook vol ver­troue dat sy span Vry­dag ’n goeie be­gin tot die reeks kan maak, al het hy en sy be­stuur net vier dae slyp­kans met die groep van 28 ge­had.

“Om die span in so ’n kort tyd­perk ge­reed te kry, bly ’n uit­da­ging, want dit is ’n groot leer­pro­ses vir die seuns,” sê Sen­din.

“Die eer­ste twee dae van oe­fe­ning was daar so ’n bie­tjie haak­plek­ke, maar die man­ne het ’n be­reid­wil­lig­heid ge­toon om selfs ná oe­fen­ses­sies hul huis­werk te gaan doen.

“Dit het in die laas­te twee dae van voor­be­rei­ding ’n po­si­tie­we uit­wer­king ge­had.”

Sen­din het ver­le­de jaar die SA S­ko­le­span vir die eer­ste keer af­ge­rig, met sy troe­pe wat Wallis ver­le­de jaar met 23-17 ge­klop het.

Die melk­baar­de van 2016 het hul twee­de wed­stryd teen Frank­ryk ge­mak­lik met 42-3 ge­wen en in hul ont­moe­ting teen En­ge­land ’n te­rug­veg­po­ging loods om met 13-12 as wen­ners van die veld te stap.

■ Sen­din het in lyn met die o.19-reeks se re­ëls be­sluit om 13 plaasvervangers vir Vry­dag se wed­stryd te kies, waar­van net agt uit dié groep mag speel.

Vier van die spe­lers wat ge­du­ren­de die wed­stryd ver­vang is, mag dan weer te­rug­keer tot die veld.

■ En­ge­land t. Frank­ryk: EN­GE­LAND: Nick Da­vid, Ar­ron Reed, Fra­ser Ding­wall, Sam S­pink, Ol­lie Has­sell­Col­lins, Kie­ran Wil­kin­son, Will Por­ter, Sam Moo­re (k), Aa­ron Hin­k­ley, Tom Wil­lis, Ja­mes S­cott, Joe Tun­ney, Joe Hey­es, Will Ca­pon, Tom Ro­w­land. PLAASVERVANGERS: Ge­or­ge He­ad, Beck Cut­ting, Nick Rig­by, Josh Bas­ham, Ri­chard Cap­stick, Ol­lie Fox, Ca­me­ron Red­path, Tom de Glan­vil­le.

FRANK­RYK: A­lex­and­re de Nar­di, Vin­cent Pin­to, An­toi­ne Zedg­har, Art­hur Vin­cent, Mat­this Le­bel, Lou­is Car­bo­nel, A­lex­and­re Gou­ax, A­drien Vig­ne (k), Max­cen­ce Le­mar­de­let, S­ven Ber­nat, Flo­ri­an Van­ver­berg­he, T­ho­mas La Vault, Gi­or­gi Be­ria, Je­an­Bap­tis­te Gros. PLAASVERVANGERS: Va­len­ti­ne Seil­le, Franck Las­cas­sies, Lu­cas Guil­ler­man, Al­ban Rous­sel, Art­hur Vig­nol­les, Ma­thieu Tix­ier, Mat­téo Ro­dor, Si­mon De­sau­bies, Auré­lien La­bau, Lu­cas Poir­son, Do­no­van Ta­o­fi­fe­nua.

SA Sko­le t. Wallis: SA SKO­LE: Ken­ne­dy M­pe­ku, Qa­ma­ni Ko­ta, Die­go Ap­pol­lis, Ri­kus P­re­to­ri­us, Mul­ler du Plessis, Chris­to­pher S­chreu­der, Sa­ne­le No­ham­ba, Tra­vis Gor­don (k), P­hen­du­la­ni But­he­le­zi, Vi­an Fou­rie, C­ris­ten van Nie­kerk, Ju­an van der Mes­cht, Ke­a­gan Gla­de, Ru­hann G­rey­ling, N­ko­sik­ho­na Ma­su­ku, PLAASVERVANGERS: Fe­zo­kuhle M­ba­tha, Jor­dan Clar­ke, A­se­na­thi Nt­la­ba­ka­nye, Ce­lim­pi­lo Gu­me­de, Adrian Al­berts, Mark Sny­man, Dy­lan Ri­chard­son, Hen­co Mar­tins, Ja­den Hen­drik­se, Yan­ga Hla­lu, Co­nan le F­leur, Mor­ne Brandon, Ba­ne­le M­then­ja­ne. WALLIS: Dy­lan Moss, To­mi Le­wis, Tom Hop­pe, Ben T­ho­mas, De­wi Cross, Cai E­vans, Har­ri Mor­gan, Len­non G­reg­gains, Dan Da­vis, Tom­my Ref­fell (k), Mor­gan Jo­nes, Jo­seph, Ben War­ren, Will G­rif­fit­hs, R­hys Da­vies. PLAASVERVANGERS: Mor­gan Nel­son, Jor­dan Wal­ters, Josh Reynolds, Le­wis El­lis Jo­nes, Ben Fry, Tai­ne Bas­ham, Cal­lum Morris, Cal­lum Car­son, S­cott Lloyd, T­ho­mas Ro­gers.

Fo­to: GALLO IMAGES

Die kap­teins (van links) Sam Moo­re (En­ge­land), Tom­my Ref­fell (Wallis), Tra­vis Gor­don (Suid­A­fri­ka) en A­drien Vig­ne (Frank­ryk) ty­dens die be­kend­stel­ling van die groot vier­hoe­ki­ge o.19­reeks wat van­dag af­skop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.