Lou­is be­gin goed; Er­nie suk­kel

Beeld - - Veilings - Ma­ri­zan­ne Kok

Suid-A­fri­ka se Lou­is Oost­hui­zen het vir die eer­ste keer van­jaar ’n ma­jor-toer­nooi met ’n tel­ling on­der baan­sy­fer af­ge­skop om aan die ein­de van die og­gend­ses­sie van die A­me­ri­kaan­se PGA-kam­pi­oen­skap se eer­ste ron­de bin­ne tref­af­stand van die voor­tou te wees.

Oost­hui­zen, die B­rit­se O­pe­kam­pi­oen van 2010, het dank­sy twee vo­ël­tjies en ’n a­rend oor die twee­de helf­te van die Qu­ail Hol­low-gholf­baan in North Ca­ro­li­na ’n 70 – een hou be­ter as baan­sy­fer – op sy tel­kaart in­ge­vul.

Dit het hom d­rie houe ag­ter die klub­huis-voor­lo­per, die Deen T­horbjorn O­le­sen, ge­plaas. Die Yanks Gray­son Mur­ray, Ga­ry Wood­land en Brooks Koep­ka was ’n hou te­rug ge­sa­ment­li­ke twee­de.

Oost­hui­zen het in geen sta­di­um van­jaar die ma­jor-ver­hoog aan die brand ge­speel nie en in A­pril laas ’n top10uit­slag in e­ni­ge toer­nooi be­haal, toe hy twee­de in die PGA-reeks se S­pe­lers­kam­pi­oen­skaps­toer­nooi was.

In A­pril het hy die A­me­ri­kaan­se Mees­ters­toer­nooi met ’n ron­de van 77 (+5) be­gin, in Ju­nie die A­me­ri­kaan­se Ope met ’n 74 (+2) en ver­le­de maand die B­rit­se Ope met ’n 78 (+8). Hy het die af­sny­punt in laas­ge­noem­de ge­mis.

Gis­ter op Qu­ail Hol­low het die Suid-Ka­pe­naar aan­vank­lik nie veel ge­had om oor te kraai nie, met ’n vo­ël­tjie by die eer­ste put­jie wat uit­ge­vee is deur brou­houe by die vyf­de, ses­de en agt­ste put­jies. Op al d­rie is hy deur houe van­uit die suk­kel­veld ge­knie­hal­ter.

Ná die draai­slag het dit eg­ter aan­sien­lik be­ter ge­gaan. Hy het houe te­rug­ge­wen op die tien­de en elf­de, laas­ge­noem­de ná ’n puik vo­ël­tjie­set van by­kans 5 me­ter.

Die hoog­te­punt van sy dag was ’n a­rend by die vyf­tien­de, waar hy sy na­der­hou tot min­der as ’n me­ter van die vlag­gie ge­slaan het.

Die Al­ber­ti­nia-boer­seun was by Qu­ail die bes­te van die Suid-A­fri­ka­ners wat in die og­gend­ses­sie in ak­sie was.

Dy­lan F­rit­tel­li was ná sy eer­ste 10 put­jies op een be­ter as baan­sy­fer op die voor­lo­pers­bord, maar oor die laas­te vyf put­jies het twee brou­houe en ’n dub­be­le brou­hou hom tot ’n ron­de van 73 be­perk.

C­harl S­chwart­zel het 74 houe ge­speel, ter­wyl Er­nie Els in sy 100ste ma­jor vir ’n nag­mer­rie-tel­ling van 80 (+9) moes te­ken.

Fo­to: AP

Lou­is Oost­hui­zen speel gis­ter uit ’n sand­kuil op die 5de put­jie. Hy het ’n 70 aan­ge­te­ken.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.