Gau­teng­se net­bal­span klop W­Kaap in ‘kleed­re­pe­ti­sie’

Beeld - - Veilings - Ann­chen Nel

Die Gau­teng­se net­bal­span het ’n vroeë siel­kun­di­ge slag ge­slaan toe hy die Wes­Kaap gis­ter­mid­dag sy eer­ste ne­der­laag van die pro­vin­si­a­le toer­nooi in Dur­ban toe­ge­dien het.

Die doe­le­ver­skil was ’n skra­le twee pun­te – 46­44 – in wat waar­skyn­lik ’n kleed­re­pe­ti­sie vir Sa­ter­dag se eind­stryd was.

Met sy oor­win­ning het Gau­teng sy neus net­net voor ge­kry en het nou 11 pun­te teen­oor die Wes­Kaap se 10.

Jen­ny van Dyk, die Gau­teng­se af­rig­ter, sê ’n oor­win­ning was nie hul top­pri­o­ri­teit nie. “Ons wou so­veel moont­lik in dié wed­stryd leer, ver­al wat en hoe die Wes­Kaap din­ge doen.”

Ter­wyl Van Dyk van die plaasvervangers in­ge­span het, het die WesKaap stryk­deur sy sterk­ste span laat speel.

Die Ka­pe­naars moes kort ná die be­gin van die laas­te kwart vin­nig aan­pas toe hul ver­de­di­ger, S­te­pha­nie Brandt, ’n hou op die been ge­kry het en die baan moes ver­laat.

Ju­li­ne Ros­souw (hulp­doel­ver­de­di­ger) moes na die laas­te ves­ting skuif, ter­wyl die sen­ter, Su­nel­le Bar­nard, na HV ge­skuif het.

Jo Prins, die ver­de­di­gen­de vleu­el, is na die sen­ter­kol­le­tjie en Si­ne­sipho Wil­lie na ver­de­di­gen­de vleu­el met Ni­co­le Tal­jaard op aan­val­len­de vleu­el.

An­ne­lie Lu­cas, die Kaap­se brei­er, sê Ros­souw en Bar­nard het ’n paar bal­le om­ge­keer.

Jas­mi­ne Zie­gel­mei­er van Gau­teng het vroe­ër van­jaar vir die SA o.21’s ge­speel. Sy, S­ha­di­ne van der Mer­we en Ju­zel­ri Gar­bers het groot druk op die Kaap­se doe­le ge­plaas.

Die Wes­Kaap sal ’n plan moet be­raam, want hy kan nie so­veel staat­maak op Jaum­bu­ai­je (By­tjie) Zau­a­na, sy Na­mi­bie­se lan­ge­raat­doel, nie.

Dit lyk of die Vry­staat en Noord­wes om die der­de en vier­de plek gaan uit­speel.

Die Vry­sta­ters het Noord­wes met 35­28 ge­klop.

Die Noord­wes­ters het die der­de en vier­de kwar­te ge­wen, maar die wed­stryd reeds in die eer­ste kwart ver­loor.

Hul­le het die twee­de kwart met ’n ag­ter­stand van 5­13 be­gin. Die kwart­tel­lings was 13­5, 20­13 en 28­20.

Ta­nya Mos­tert, die Vry­staat­se kap­tein, sê haar span het ka­rak­ter ge­wys. “Ons is trots op wat ons be­reik het. Ons het net twee wed­stry­de ver­loor,” sê dié klein­sus van die Pro­tea­ver­de­di­ger Kar­la Mos­tert.

■ Van­dag se pro­gram (Hoy Park­sport­kom­pleks): 09:30: Wes­Kaap t. Noord­Kaap; 11:00: Noord­wes t. Oos­Kaap; 13:00: Gau­teng t. M­pu­ma­lan­ga; 14:30: Vry­staat t. Kwa

Zu­lu­Na­tal.

Fo­to: REG CALDECOTT

S­ha­di­ne van der Mer­we, hulp­doel­ver­de­di­ger van Gau­teng (regs) en Hé­le­ne S­teyn, hulp­doel van die Wes­Kaap, in gis­ter­mid­dag se net­bal­wed­stryd in Dur­ban.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.