Hey­ne­ke, Bois­haai span saam vir wê­reld­toer­nooi

Beeld - - Veilings - – S­port­re­dak­sie

Die ge­we­se S­pring­bok-af­rig­ter Hey­ne­ke Mey­er en die Ho­ër Jon­gen­skool Paarl (Bois­haai) se plan­ne is reeds ver ge­vor­der om die wê­reld se bes­te sko­le­rug­by­span­ne na SuidA­fri­ka te lok om met die land se tien bes­te sko­le­span­ne mee te ding.

Dié wê­reld­fees van sko­le­rug­by, wat glo tus­sen 2 en 8 A­pril in die Paarl aan­ge­bied sal word, is deel van Bois­haai, die land se voor­ste s­ko­le­rug­by­span, se 150ste be­staans­jaar­vie­rin­ge.

Mey­er, die be­stu­ren­de di­rek­teur van Ca­ri­nat-sport­be­mar­king, het glo reeds die ja­woord van Suid-A­fri­ka se tien top­rug­by­sko­le ge­kry, be­rig sa­rug­by­mag.co.za.

Mey­er hoop ook om Ni­euSee­land se d­rie top­rug­by­sko­le te be­trek, as­ook S­cots Col­le­ge van Syd­ney, Aus­tra­lië.

Mey­er het uit­no­di­gings aan die 25 voor­ste rug­by­sko­le in Nieu-See­land, Fidji, Ton­ga, Ja­pan, Na­mi­bië, Zim­bab­we, Ge­or­gië, En­ge­land, Ier­land en Frank­ryk ge­stuur.

Die d­rie Nieu-See­land­se sko­le in Mey­er se vi­sier is Mount Al­bert Gram­mar, Chris­t­church Boys’ High S­chool en Wel­ling­ton Col­le­ge.

Su­perS­port het reeds aan­ge­dui dat hy daar­in be­lang­stel stel om dié glans­reeks uit te saai.

“Dit was nog al­tyd my droom om ’n top­sko­le­toer­nooi in Suid-A­fri­ka aan te bied,” het Mey­er aan The New Ze­a­land He­rald ge­sê.

“Ek het met Suid-A­fri­ka se tien top­rug­by­sko­le ge­sels en hul­le is al­mal baie gre­tig om deel te neem, want dit het nog nooit voor­heen hier ge­beur nie.

“As ek die tien top­sko­le van oor­see af kan lok, sal dit ons bes­te sko­le teen die res van die wê­reld s’n wees.

“Dit gaan vir my oor brûe bou, ou­ens te ont­moet en te­rug te ploeg,” het Mey­er ge­sê.

Fo­to: GALLO IMAGES

Gaan die vreug­de­vu­re aan­staan­de jaar weer hoog vir Bois­haai brand wan­neer die Ho­ër Jon­gen­skool Paarl ’n glans­ry­ke sko­le­toer­nooi aan­bied?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.