Moe­nie te gou be­gin tor­ring aan Proteas . . .

‘Neem tyd om eers span te leer ken’

Beeld - - Sport - Al­tus Mom­berg

Faf du Plessis het die hoop uit­ge­spreek dat die Proteas se nu­we af­rig­ter nie groot­skaal­se ver­an­de­rin­ge aan dié krie­ket­span of sy be­stuur sal aan­bring nie.

Du Plessis, die Proteas se kap­tein, het Don­der­dag met sy aan­koms op die Kaap­stad­se in­ter­na­si­o­na­le lug­ha­we ge­sê hy ver­wag dat Ot­tis Gib­son, ’n voor­ma­li­ge spe­ler van die Wes-In­die­se Ei­lan­de en tans En­ge­land se boul­af­rig­ter, die nu­we brei­er sal wees.

Dit blyk dat Rus­sell Do­min­go, wie se kon­trak met Krie­ket SuidA­fri­ka ver­stryk het, nie weer aan­ge­stel gaan word nie.

“Ons (die spe­lers) ver­neem die af­rig­ters­ko­mi­tee het op Ot­tis Gib­son be­sluit en sy naam aan die raad van KSA voor­ge­lê. Die raad moet nou be­sluit of hul­le hom wil aan­stel,” het Du Plessis ge­sê.

Du Plessis het by­ge­voeg hy hoop die nu­we af­rig­ter sal die kul­tuur van die span in ag neem.

“In ’n i­de­a­le wê­reld, sal ek so min ver­an­de­rin­ge as moont­lik wil sien. As ’n he­le nu­we af­rig­ting­span moet in­kom, gaan dit be­slis tyd neem om al­mal te leer ken.

“As ek aan die nu­we brei­er raad kan gee, is dit dat hy sy tyd moet neem en die span leer ken voor hy be­slui­te neem.”

Du Plessis het ook ’n lan­sie ge­breek vir die hui­di­ge spe­si­a­lis-af­rig­ters, Neil M­cKen­zie (kol­wers), C­harl Lan­ge­veldt (bou­lers) en Clau­de Hen­der­son (draai­bal­bou­lers).

“Ek glo ons teg­nie­se af­rig­ters is uit­ste­kend. Neil is van­uit ’n tak­tie­se en teg­nie­se uit­gangs­punt baie goed en hy het reg­tig die jong ou­ens op dié toer ge­help. Ek weet Mor­né (Morkel, wat saam met Du Plessis by die nuus­kon­fe­ren­sie was) en die bou­lers voel die­self­de oor C­harl Lan­ge­veldt.

“En Clau­de Hen­der­son en Keshav Maharaj het ’n baie heg­te ver­hou­ding,” het Du Plessis ge­sê.

Du Plessis het ge­sê ho­pe­lik sal die ver­an­de­ring van af­rig­ters, as dit gaan ge­beur, nie te veel ont­wrig­ting ver­oor­saak nie.

“Die ver­hou­ding wat ek as kap­tein en die span met ’n nu­we af­rig­ter gaan hê, gaan tyd neem om te vorm. Dit is eg­ter be­lang­rik dat die nu­we af­rig­ter SuidA­fri­kaan­se krie­ket ver­staan en ook die kul­tuur bin­ne die span ver­staan,” het die kap­tein ge­sê.

Du Plessis het ook be­ves­tig dat hy met Wes-In­die­se en En­gel­se spe­lers gaan praat het om meer oor Gib­son en sy af­rig­ting­styl uit te vind.

“Ek ken nie vir Ot­tis nie en het nog nooit saam met hom ge­werk nie.

“Ek het saam met Ben S­to­kes (En­ge­land se veel­sy­di­ge s­ter) by die Pu­ne War­ri­ors ge­speel en hy het ge­sê dat Ot­tis reg­tig ’n goeie boul­af­rig­ter is. Hy was nie se­ker hoe hy sou vaar as hoof­af­rig­ter nie.

“En die an­der ou met wie ek ge­praat het, was Ei­on Mor­gan (En­ge­land se een­dag­kap­tein). Hy het ge­sê Ot­tis is ’n uit­ste­ken­de af­rig­ter en goeie ou,” het Du Plessis vertel.

Die kap­tein het nie­te­min ge­sê dat die Proteas nie die on­se­ker­heid rond­om die af­rig­ter kan ge­bruik as ’n re­de vir die span se ge­suk­kel op die En­gel­se toer nie.

Suid-A­fri­ka het die een­dag-, T20- en toets­reeks teen En­ge­land ver­loor en ook nie die half­eind­ron­de van die Toer­nooi om die Kam­pi­oe­ne­tro­fee ge­haal nie.

“Nee wat, daar is nou al lank­al on­se­ker­heid oor Rus­sell se toe­koms. El­ke keer wan­neer nuus ge­breek het oor Rus­sell se kon­trak die af­ge­lo­pe jaar, het die he­le af­rig­ting­span goed ge­doen om se­ker te maak dat die spe­lers slegs op krie­ket ge­fo­kus bly.”

‘‘

Die ver­hou­ding wat ek as kap­tein en die span met ’n nu­we af­rig­ter gaan hê, gaan tyd neem om te vorm.

— FAF DU PLESSIS

Faf du Plessis staan die me­dia te woord op die lug­ha­we in Kaap­stad na­dat hy gis­ter uit En­ge­land te­rug­ge­keer het. Fo­to: GALLO IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.