Sil­wer vir Wayde in na­el­byt­stryd

Beeld - - Sport - Wim P­re­to­ri­us

Tur­kye se Ra­mil Gu­liy­ev het Wayde van Nie­kerk ’n twee­de goue me­dal­je ont­sê toe hy die Suid-A­fri­ka­ner gis­ter­aand net­net het in die eind­ron­de van die 200 m by die In­ter­na­si­o­na­le Ver­e­ni­ging van At­le­tiek­fe­de­ra­sies (IAAF) se Wê­reld­by­een­koms in Lon­den ge­klop het.

Gu­liy­ev het op dag se­we van die by­een­koms die goud in 20.09 sek ge­wen.

Van Nie­kerk het in die laas­te 100 m goed ge­lyk, maar net voor die ein­de is hy ver­by­ge­steek om in 20.11 sil­wer te wen, met Ja­reem Ri­chards van T­ri­ni­dad en Toba­go wat met brons te­vre­de moes wees na­dat hy let­ter­lik net ’n dui­send­ste van ’n se­kon­de ná Van Nie­kerk oor die eind­streep is.

Van Nie­kerk het wel van vreug­de oor­ge­loop toe hy die fi­na­le uit­slag sien en níks kan van die Vry­sta­ter weg ge­neem word nie na­dat hy víér wed­lo­pe in so­veel dae moes af­lê.

Cas­ter Se­me­nya se aan­slag op ’n twee me­dal­je by die by­een­koms het gis­ter­aand op koers ge­bly toe sy haar 800 muit­dun in 2:01.33 ge­wen het.

Se­me­nya, wat an­ders as Van Nie­kerk in sy 200 m-half­eind­ron­de, ’n rus­dag deur die pro­gram ge­gun is, het ge­mak­lik en in be­heer ge­lyk.

Die O­lim­pie­se kam­pi­oen het in die laas­te 20 m gou ver­se­ker dat sy in die voor­ste plek ein­dig toe sy op ’n draf­stap ver­by haar teen­stan­ders ge­sui­ker het vir die eer­ste plek.

Ge­na L­öf­strand, wat aan­vank­lik At­le­tiek Suid-A­fri­ka (ASA) se span mis­ge­loop het, het nes Jus­ti­ne Palf­ra­man die keur­ders ’n punt be­wys toe sy ook tot die half­eind­ron­de deur­ge­dring het, na­dat daar aan­vank­lik ge­sê is dat hul­le nie goed ge­noeg is nie. Sy het se­wen­de in haar blit­si­ge uit­dun ge­ëin­dig, maar die tyd van 2:01.73 was ge­noeg om as haar een van die vin­nig­ste ver­loor­ders eind­ron­de toe te neem.

D­rie van die voor­ste 10 tye van die jaar in die 800 m staan reeds ag­ter Se­me­nya se naam. Sy het die vin­nig­ste tyd van 1:55.27 ver­le­de maand in Mo­na­co ge­hard­loop en aan die be­gin van die Di­a­mant­li­ga-reeks in Doha die vier­de vin­nig­ste tyd van die jaar aan­ge­te­ken toe sy in 1:56.61 ge­wen het.

Die eind­ron­de van die 800 is Son­dag­aand om 21:10.

Fo­to: REU­TERS

Die Turk Ra­mil Gu­liy­ev (mid­del) brul van vreug­de na­dat hy Suid­A­fri­ka se Wayde van Nie­kerk (regs) na­el­skraaps in die eind­ron­de van die 200 m by die Wê­reld­kam­pi­oen­skap­pe in Lon­den ge­klop het. Links ein­dig Ja­reem Ri­chards der­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.